Skip to main content

Edms. Bpk.

Foto: George Angus

Die ou huis waar ons besig is om stuk-stuk in te trek het vir goed vier jaar of langer leeggestaan. Oom Koekies en tannie Joey wat lank daar gebly het, het aftree-oord toe verhuis nadat tannie Joey siek geword het. Na hulle het daar nie weer iemand daar gebly totdat ons gekom het nie.

Maar ons misgis ons. Daar was ander inwoners.

Vrydagaand met die aankom daar, het ons die bokkie vlugtig in die bakkie se ligte gesien. Saterdagoggend baie vroeg, terwyl ek in die oggendskemer met my koppie koffie voor die venster staan, kom hy in die kampie direk teen die huis ingehardloop, soek vir ‘n tydjie ernstig na ‘n uitgang en glip toe deur die opening in die draad, oor die oop werf die bosse in. Saterdagmiddag, toe ons teen skemer van oupa Frans in die aftree-oord op die werf terugkom, staan hy rustig en wei in die kort grassies voor die ou waenhuisdeur. Ons het die bakkie afgesit en net lank na hom sit en kyk. Dit wil soos ‘n vaalribbok lyk. Of dalk ‘n steenbokkie. Ons sal in elk geval nog baie van hom sien.

Saterdagoggend, terwyl ek besig is om te was, kom die piepklein skeerbekmuisie die badkamer ingehardloop. Hy was al ‘n hele ent in voordat hy skielik vassteek en behoorlik vir homself sê: “Blikskottel! Hier’s ‘n vreemde ding in my speelplek!” Toe spring hy net daar om en hardloop so vinnig as wat sy beentjies hom kan dra uit en deur die skrefie in die stoepvertrek.

Die naweek en die ou kliphuis met sy werf het omtrent Afrikaanse liedjies en gedigte vir my losgewoel. (Vgl. Windpompingenieur). In hierdie geval was dit D.J. Opperman se Edms. Bpk. wat daar op Wakkerstroom aan die gang gesit is en hierdie hele week so op die agtergrond in my kop bly maal.


Ek het ’n stukkie grond gekoop
met melkhout op; dit afgekamp
en teen die hek ’n naam geverf
sodat verbygangers besef:
Dis Dirk se erf.

Janfiskaal sit op my melkhoutboom,
sit op ’n kruin, sit op ’n rots,
en proklameer, in sy lied
soggens en saans luidkeels,
“Dis my gebied.”

Bakkapel glip uit my melkhoutbos,
verby die kruin, verby die rots,
en teken op sandkolle waar hy kom
oral in ouderwetse skrif:
“Alles… alles my eiendom.”


Ons sê so maklik “myne” en “ons s’n”. Ons eien toe en steek kleim af en vergeet dat ons deel en leen. Ons mislei onsself. Ons besit is beperk.

Daarom, op daardie werf en stukkie aarde wil ons leef en dink en optree onder die leuse: Híér is baie onse in ons pond. Hier’s plek vir man en muis.

Sal ek toe nie ook juis hierdie week, net om die spyker behoorlik om te klink, deur Lyanda Lynn Haupt op facebook voorgestel word aan ‘n pragtige fotoboek nie! Die Finse fotograaf Kai Fagerström het begin om enkele foto’s te neem van die diere wat mettertyd hul intrek in verlate kothuise in die woud naby sy somerwoning geneem het. Dit het ontwikkel in ‘n hele fotoreeks wat uiteindelik as The House in the Woods gepubliseer is. In die woorde van Fagerström: “Deserted buildings are so full of contradictions. I am fascinated by the way nature reclaims spaces that were, essentially, only ever on loan to humans.”












Ons stem.


George


Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (150)

Wat Die Mistici Weet   2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe,  almal wat vermoeid en swaar belas is,  en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle, en leer van My,  omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is,  en julle sal rus vind vir julle gemoed.  Want my juk is draaglik en my las is lig.” ‭‭Matteus‬ ‭11‬:‭28‬-‭30‬ ‭AFR20‬ ‬                               Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...