Skip to main content

Klein Kaper

Eerste foto van die klein kaper deur Matilda Angus
Woensdag is dorpdag hier by ons. Dan vertrek ek redelik vroeg Newcastle toe om die week se kruideniers te kry en ander besigheid te doen. Dis 'n hele 45 km soontoe, waarvan so 16 km grondpad is. Ek ry dit versigtig met my laaglopende Volkswagen Polo. Die bande is ook maar nie geskik vir hierdie tipe paaie nie. Ek voel dikwels soos 'n Victoriaanse dame wat haar onderrokke hoog wil oplig om met haar kant slippertjies versigtig tussen die klippers deur te trap.

Die oorblywende 29km is teerpad en dan maak ek op vir verlore tyd. Gewoonlik stop ek so binne 'n halfuur na vertrek voor Checkers by Amajuba Mall.

Hierdie Woensdag was nie anders nie, behalwe dat ek gekaap is.

Dit is met die stop by die kraletjiewinkel dat twee vroue, wat buite die winkel staan, my inlig dat hulle 'n kat in my kar, meer spesifiek, in die enjinholte, hoor huil het toe ek daar stilhou.

Ek skrik my boeglam, sien nare voorspooksels van my Milykat wat halfverbrand tussen die manifold en die waaier lê, maak met 'n naar maag die enjinkap oop, soek tussen die baie goeters in en om die enjin, kyk onder die kar en in die holtes agter die wiele. Niks. En geen geluid nie. Maar ons is net in die winkel of die gemaaiu begin weer; baie benoud en defnitief in die omgewing van my kar.

Ons soek weer. Niks. Maar sodra ons wegbeweeg van die kar klink die gemaaiu op. Die kar langs my word ook deursoek. Niks. 'n Pragmatiese man kom nader en help soek. Hy besluit dit is iemand wat êrens versteek sit en ons 'n poets bak.

Ons is dankbaar vir so 'n maklike oplossing en ek ry verder tot by die lapwinkel. Dis nou ongeveer 50km weg van die huis af. Ek is skaars by die deur van die winkel of die gemaaiu klink op.

Ek het 'n kat in my kar.

Maar waar? Ek ry na 'n Kwik-fit en vertel my storie vir die bestuurder. Hy is skepties, ek sien dit op gesig maar met die soveelste oopmaak van die enjinkap loer die gesiggie agter die lugfilter uit. Soos 'n skim verdwyn dit weer en spandeer ons die volgende uur met die kar op die hyser. Met flitse en handskoene aan soek 'n hele span na die spookkat en weer net vir 'n oomblik sien ons die ligte pelsie voor dit in die bakwerk agter die linkerwiel inverdwyn.

Ten einde laaste word die hele paneel losgeskroef en uiteindelik staan 'n werker met die bondeltjie in sy hande. Glad nie vreeslik wild nie, maar erg verwilderd, sit ons hom in 'n boks en ek is verder vort terwyl hy sy treurmare voortsit.

Ek ry en dink hoe so iets kon gebeur het. Ek dink ook hoe ek nou al vir maande nie toegee aan 'n vertedering wat in my opstaan elke keer as ek die pragtige klein plaaskatjies by Debbie en Carene-hulle sien. Hoe weerstaan mens 'n babakatjie? Ek doen dit met my rasionele denke wat in geen onduidelike terme my herinner aan die prys van katkos, veeartse en die homeopatiese druppels wat Mily chronies moet gebruik vir 'n tandvleis-infeksie. Ook hoe moeilik dit was om Mily en die honde met mekaar te versoen en hoe moeilik twee vreemde katte bymekaar aanpas. Ek dink aan reelings wat getref moet word wanneer ons vir 'n paar dae weggaan. Teen daardie tyd is ek reg om die katjies net op 'n afstand te geniet.

Ons sit eers later twee en twee bymekaar: Maandagmiddag het ons by die Schoemans gaan kuier. Hulle bly net buite Volksrust, so 30km van ons af. Daar is, soos op menige plaas, 'n mengelmoes half-wilde katte wat die store en buitegeboue muisvry hou. Hulle word elke dag met melk bederf, maar in die huis kom hulle nie. Dit is nie katte met name nie. "Ons gee hulle maar soortvan groepname," se een van die Schoemankinders.

Een van hierdie groepkatjies moes in die kar se bakwerk ingekruip het en het die rit terug Barrowfield toe, twee nagte en 'n Jeugdag en nog 'n rit Newcastle toe, daarbinne oorleef! Ons dink nie te veel aan wat sou gebeur het as hy in die ry probeer uitklim het nie. En dit is onverklaarbaar dat hy skynbaar nie geweet het hoe om daar uit te kom nie.

Ek vang myself dat ek verskriklik bly voel oor die nuwe klein lewetjie in die huis. My kop se redenasies is geblus. Hier is iets groters aan die werk.

Naamgee kom moeilik; niks wil werk nie. Ons oorweeg Polo, Frikkie, Benjamin, Schoeman, Hide, Uitverkiesingsleer, Rumi, Wroemie en Ghandi. Vir 'n hele dag is hy Manley Hopkins. Omdat Mily na Emily Dickinson vernoem is en Gerard Manley Hopkins verdien om so vereer te word.

Maar dan vanoggend daag sy naam op: Patat. Soos in warmpatat. En hy is net mooi die binnekleur van 'n gebakte patat. Wat hy baie amper was.

Matilda

Comments

Popular posts from this blog

Whistle while you work

Drawing by Ron Leishman When last did you whistle while working? When last did you hear someone else whistle while working? Somehow it bothers me that whistling has become an almost absent element in our work. The sound of a person whistling a tune while busy somewhere in the house or out in the workshop conveys something of an underlying happiness, satisfaction and contentment. An enjoyment of the work itself. The tune need not be flawless. Applying more air than sound won’t lead to disqualification, as long as the intention is there. Whistling can even be replaced by singing in all that I’ve said up to now. The same principles apply. The absence of any of these two activities bothers me because it says something about us doing the work and the type of work that we do. Can it be that our type of labour in this 21 st century is not conducive to either whistling or singing? What type of work is that then – draining, stressful, pressured? Or are our conclusions ...

A likely Hero: Jara Cimrman

As Matilda has already indicated, one of the most difficult things to do after you’ve visited a country is to return and convey something of what you’ve experienced. How do you show a city’s many faces, introduce its inhabitants? How do you tell of the effects a history has on people and of a stance towards life that can actually not be translated into words? In the case of Prague, it is very helpful to have someone like Jara Cimrman. ~ ~ v ~ ~ Petrin Hill, on the left bank of the river Vltava running through Prague, is in many ways a site worth visiting. Climbing the 299 steps of the Petrin Tower, inspired by the Eiffel Tower, gives you one of the most beautiful views of the city. But by going down into its basement, you enter into the psyche of the Czech people. Here, quite unobtrusively, is the museum for the “ Genius, who has not become famous ”. Matilda and I almost stumbled onto it by chance and as we went through the exhibition, our amazement over this brilliant ...

You never can tell

This morning I was out in the vegetable garden looking for signs of sprouting cabbage and spinach that we had sown a week ago. Among the weeds, I did find the tiny seedlings pushing through bravely, but I had a surprise coming. The young Zulu gardener drew my attention to an abundance of ready food growing in the ruins of the tiny stone cottage only meters away: Umbido, a type of wild spinach, and a staple food in the rural areas. I grew up with much the same in the northern parts of the country, but called Marogo in the Sotho language.  Enter my new helper and friend, Winnie Nkosi. She lives on the edge of the Zaaihoekdam in a traditional mud house with no electricity. Twice a week she walks the four odd kilometres to help me with all things domestic. She has also taken it upon herself to teach me the Zulu language and culture with optimistic determination. The planned lunch menu was immediately ditched in favour of a lesson in local cooking and Winnie showed me the differenc...