The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives.
It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.
Search This Blog
Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (57)
In die video raak George deurmekaar met die maande!
Ons staan aan die einde van April en gaan teen die einde Mei
klaar oorgeskuif wees.
Elemente Uit Die Gesprek
Met ons besoek aan Gauteng die afgelope week het ons soveel navrae oor Die Restory se verhuising gekry en versoeke dat ons inligting daaroor moet deurgee, dat ons besluit het om dit vir die afsienbare toekoms as item in ons blog te plaas.
Ons plaas ook van die foto's op Facebook en Instagram, maar dis handig om dit hier in die blog te hê omdat dit maklik is om jou hand daarop te lê in jare vorentoe.
Teen die einde van Mei wil ons alles oorgeskuif hê na Tafelkop. Om te sê dat ons dan gevestig sal wees is totaal onrealisties teen die agtergrond van tyd, kragte en fondse en die mate waartoe dit beskikbaar is.
Hierdie week is die hooffokus die ontruiming van Sebastien se rondawel en die vervoer van sy meubels en ander besittings na sy nuwe huis.
Die Mazda gelaai vir die skuif van Sebastien se meubels hierdie naweek.
Sebastien se leë rondawel
Matilda is byna klaar uitgesorteer in die spens, met die leë rakke die bewys daarvan.
Sy sê altyd dat dié ou rakke haar hart gesteel het toe ons die eerste keer in die
huis ingestap het.
Die "middelkamer" wat nou as stoorkamer gaan dien soos gepakte bokse
hier ingedra gaan word en die res van die huis leër word.
Baie van julle sal hierdie kamer van retreat-dae herken.
Musiek
Die tema vir hierdie maand se musiek is afskeid, aanbeweeg, afsluit van iets, nuwe begin. Op hierdie stadium spreek dit tot ons.
Dit is egter nie net op verhuisings van toepassing nie. Dit gebeur ook in verhoudings, lewensfases, situasies. Met die afwagting, hartseer, onsekerheid en al die ander emosies wat aanmeld by die oorsteek van 'n drumpel.
'n Duisend Hande Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "Until one is committed, there is hesitancy, the chance to draw back, always ineffectiveness. Concerning all acts of initiative [or creation] there is one elementary truth, the ignorance of which kills countless ideas and splendid plans: that the moment one definitely commits oneself, then Providence moves too. All sorts of things occur to help one that would otherwise never have occurred. A whole stream of events issues from the decision, raising in one’s favor all manner of incidents and meetings and material assistance which no man would have believed would have come his way." W.H. Murray, Skotse ontdekkingsreisiger ~ ❖ ~ Cause of Death Uitstalling Ariana in vervoering Musiek Wanneer jy dinge nie so krampagtig probeer beheer nie, jou oorgee aan die vloei van gebeure en oop is vir die onverwagte, kan jy saam met Ian McKellen sing. Ian McKellen gee nie om saam met wie hy sing nie, solank hy dit net kan doen.
Stil In Die Gemaal Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek In opera kry mens dikwels hierdie stiltes vervleg met 'n veel onstuimiger agtergrond. Lied aan die Maan van Antonin Dvorak is 'n mooi voorbeeld. Met liefde. En die begeerte dat dit iets van God se groot liefde reflekteer. George & Matilda
Comments
Post a Comment