Skip to main content

Per Definisie


Die volgende spruit voort uit ‘n gesprek wat ek en Matilda vroeër die week gehad het oor die Engelse woord peruse.

X:  Enige idee wat peruse beteken?
Y:   O ja, maar natuurlik!
   Peruse  s.nw, meervoudsvorm van ‘n Peroes, ‘n inwoner van Peru. Val binne die meervoudsvorm-groep van inwoners van ander Suid-Amerikaanse lande, bv. Brasille, Chillies, Venezuelle, Argentiniane (lg. o.g.v. historiese redes en Indiaanse bevolkingsamestelling  ’n uitsondering op ‘n alg taalreël waar s.nwe wat op – eindig gewoonlik -rs in die meervoud kry. Vgl. Indiërs, Albaniërsakniërs – al het dit nie met die uitleg op ‘n kaart maar meer met die topografie van ‘n gesig te make – en komitiërs in ‘n bestuurskonteks).
   Bg. variasie in meervoudsvorme om inwoners te beskryf is eie aan die uiteenlopende verbuigings van Latyn, die spreektaal in meeste van hierdie lande en ‘n bewys van Romeinse besetting. Dit het gevolg op die ontdekkings van Columbus en verklaar waarom die Rooms-Katolieke kerk vandag dominant in hierdie lande is.
    ‘n Interessante gegewe wat nie baie mense weet nie is dat die karnaval in Rio de Janeiro ook ‘n nalatenskap van die besetting van die Romeine is wat musiekgewys ook die Kelte beïnvloed het. Hulle het vir ‘n Skotse krygsgevangene ‘n doedelsak geleen om hom stil te kry tydens hul kampanië in Brittanië (let weer eens op die meervoudsvorme kampaniërs en Brittaniërs) en onbewus van dié se suinige inklinasies, nooit weer die instrument gesien nie. Wat natuurlik die afwesigheid van dié musiekvorm in die Latyns-Amerikaanse lande verklaar. Die Romeine kon laasgenoemde net leer dans.
    Vandaar ook die afwesigheid van enige musiekterme in Paulus se brief aan die Romeine. Dit bevestig akademici se vermoedens dat hierdie brief geskryf is na die grondlegging van die Keltiese spiritualiteit en dat Paulus as sendeling vir die heidennasies  en wat volgens Hand 22:21 baie vêr uitgestuur is, meer as net die Middelanse See bevaar het. Daar mag nie musiekterme in die brief aan die Romeine wees nie, maar die volstruisvere en bikinis (of gebrek daaraan) wat hy in die Brasille se strate tydens die jaarlikse karnaval gesien het vorm die agtergrond van sy mening in die begin van Romeine dat daai lot losses totaal by hulle some losgetrek en uitgerafel het. Hy het nie daarvan gehou nie.
     So, dit in kort, is dit. Indien jy my verklaring noukeurig en met belangstelling sou deurlees en bestudeer (‘n handeling waarvoor ek tot my frustrasie nie ‘n kort woord in enige taal kon vind nie! Ek is daarom besig om my eie term te ontwikkel. Iets in die lyn van “videoleer” van die Latyn vide wat kyk beteken en die Afrikaans leer wat leer beteken) kan dit net tot dieper insig in soveel van ons moderne praktyke lei.
      Jy sal daarom ook verstaan waarom ek altyd sê: gee my net die feite.

Ek het die stuk nie geskryf om te demonstreer dat ek snert vlot kan praat nie. Ek kan, maar dis nie waarom ek die stuk geskryf het nie.

Ek wil ook nie soos dominees van ouds, nadat die fliek in die ou skoolsaaltjie vertoon is, op die verhoog klim om die les aan die gehoor te verduidelik nie. Ek wil soos Harry Kalmer glo in my lesers.

Maar ek sou tog net dit wil sê:

‘n Feit is net ‘n feit as ons daarin glo. Vir eeue, voor Copernicus en Galileo Galilei, was dit ‘n feit dat die aarde die stil middelpunt van ons sonnestelsel is. Vir die kerk het dit selfs aan doodsonde gegrens om enigiets anders te verkondig wat daartoe kon lei dat dié feit in twyfel getrek sou word.

Strydig met die algemene opvatting spreek die feite gewoonlik nie. Ons spreek. Omdat ons nie dinge sien soos dit is nie, maar soos óns is. Die grootste guns wat ons die waarheid kan bewys, is om van ons brille waardeur ons kyk bewus te wees, dit te erken en in ons gesprekke en soeke altyd in berekening te bring.

Beteken dit dus dat alles relatief raak en dat ons glad nie meer op “feite” kan peil trek nie? Dis ook nie wat ek sê nie. Ek pleit eerder vir ‘n nederiger, oop gesprek waardeur ons by ‘n konsensus oor die waarheid kan uitkom.

Dalk wil ek eintlik maar net sê ek is moeg vir alle projekteerders, boelies, braggers, bamboozlers en ander smooth operators – dikwels in posisies van mag en gesag - wie se gladde tonge, selfvoldaanheid en luide stemme gereeld die meta-narratief bepaal en stuur. Geseënd is die stil meerderheid, want daar lê wysheid. Laat hulle gehoor word.

George

Comments

  1. Ek het jou woorde "bepeins" en nou soek ek nog 'n reaksie-blokkie wat sê: Inderdaad!

    ReplyDelete
  2. Vir iemand - en ek bedoel dit in die mooiste sin van die woord - wat snert kan waardeer as sy dit sien kan mens altyd 'n plan maak.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Whistle while you work

Drawing by Ron Leishman When last did you whistle while working? When last did you hear someone else whistle while working? Somehow it bothers me that whistling has become an almost absent element in our work. The sound of a person whistling a tune while busy somewhere in the house or out in the workshop conveys something of an underlying happiness, satisfaction and contentment. An enjoyment of the work itself. The tune need not be flawless. Applying more air than sound won’t lead to disqualification, as long as the intention is there. Whistling can even be replaced by singing in all that I’ve said up to now. The same principles apply. The absence of any of these two activities bothers me because it says something about us doing the work and the type of work that we do. Can it be that our type of labour in this 21 st century is not conducive to either whistling or singing? What type of work is that then – draining, stressful, pressured? Or are our conclusions ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...

A likely Hero: Jara Cimrman

As Matilda has already indicated, one of the most difficult things to do after you’ve visited a country is to return and convey something of what you’ve experienced. How do you show a city’s many faces, introduce its inhabitants? How do you tell of the effects a history has on people and of a stance towards life that can actually not be translated into words? In the case of Prague, it is very helpful to have someone like Jara Cimrman. ~ ~ v ~ ~ Petrin Hill, on the left bank of the river Vltava running through Prague, is in many ways a site worth visiting. Climbing the 299 steps of the Petrin Tower, inspired by the Eiffel Tower, gives you one of the most beautiful views of the city. But by going down into its basement, you enter into the psyche of the Czech people. Here, quite unobtrusively, is the museum for the “ Genius, who has not become famous ”. Matilda and I almost stumbled onto it by chance and as we went through the exhibition, our amazement over this brilliant ...