Skip to main content

Posts

Showing posts with the label kontemplatiewe spiritualiteit

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (127)

  Meer Oor George As ek meer van myself wil vertel, is die heel beste dalk om net aan die begin "Ek lief..." te sê en dan net dinge te lys waarvoor ek lief is. So: Ek lief....... ....Tafelkop. Die groot wêreld waarvan ek deel is, stilte en om te loop. Die Gesprek ...tyd saam met my M. Waar ons groot stukke gesels, en lag, of net vir lang rukke stil is. Elemente Uit Die Gesprek ....ons kleindogter, Ariana. Wat baie lief is vir boeke en aanhoudend vra: "Oupa, vertel vir my 'n silly storie!" ....boeke. En honde. En katte. En tee. ....'n goeie gesprek. Beeldhouwerk en houtwerk. Om te skryf. ....gedigte. Al hoe meer. Basies onmoontlik om 'n enkele een te kies, maar op my verjaardag, hierdie een van Billy Collins. Dit praat oor goed waaraan 'n mens dink op 60. Design I pour a coating of salt on the table and make a circle in it with my finger. This is the cycle of life I say to no one. This is the wheel of fortune, the Arctic Circle. This is the ring of Ke...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (67)

  Die Kontemplatiewe Lewe ~ ❖ ~ Living the contemplative life is learning to dance with the depths of divinity in everyday life.                                                                                        James Finley ~ ❖ ~ Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek  Musiek Met liefde en 'n diep wens dat jy 'n avontuurlike reis sal hê. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (57)

  Kontemplatief Besig Die Gesprek REGSTELLING In die video raak George deurmekaar met die maande! Ons staan aan die einde van April en gaan teen die einde Mei  klaar oorgeskuif wees. Elemente Uit Die Gesprek Met ons besoek aan Gauteng die afgelope week het ons soveel navrae oor Die Restory se verhuising gekry en versoeke dat ons inligting daaroor moet deurgee, dat ons besluit het om dit vir die afsienbare toekoms as item in ons blog te plaas.  Ons plaas ook van die foto's op Facebook en Instagram, maar dis handig om dit hier in die blog te hê omdat dit maklik is om jou hand daarop te lê in jare vorentoe. Teen die einde van Mei wil ons alles oorgeskuif hê na Tafelkop. Om te sê dat ons dan gevestig sal wees is totaal onrealisties teen die agtergrond van tyd, kragte en fondse en die mate waartoe dit beskikbaar is. Hierdie week is die hooffokus die ontruiming van Sebastien se rondawel en die vervoer van sy meubels en ander besittings na sy nuwe huis. Die Mazda gelaai vir die ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (42)

    Hoe Begin Ek?  Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  “There is a secret place.  A radiant sanctuary. As real as your own kitchen.  More real than that. Constructed of the purest elements.  Overflowing with the ten thousand beautiful things. Worlds within worlds.  Forests, rivers. Velvet coverlets thrown over featherbeds, fountains bubbling beneath a canopy of stars. Bountiful forests, universal libraries. A wine cellar offering an intoxication so sweet you will never be sober again. A clarity so complete you will never again forget. This magnificent refuge is inside you. Enter. Shatter the darkness that shrouds the doorway… Believe the incredible truth that the Beloved has chosen for his dwelling place the core of your own being because that is the single most beautiful place in all of creation.”                                    ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (2)

Die Restory - 'n Voëlvlug    In hierdie gesprek vertel ons kortliks van ons reis tot hier. Ons sou graag ook van jou reis wou hoor en as ons mekaar in die proses kan bemoedig en aanmoedig, dan is ons bly. Brianna Wiest se woorde is ook ons wens vir jou  Ons storie En wat is 'n reis sonder musiek? Draai die volume harder op die oop pad! (Klik op die skakel onder die veer-prent om te luister) Follow The Sun Groete  George en Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (1)

Inleiding  Ons begin hierdie week met 'n  nuwe faset van ons werk hier by Die Restory - gesprekke rondom sake en temas wat vir ons belangrik is, wat ons baie op ons lewensreis gehelp het, of wat hulself net op allerlei maniere aanmeld. Ons sal baie graag wil hoor wat julle, ook as gespreksgenote, daarvan dink, so lewer asseblief kommentaar in die ruimte wat hier op die blog daarvoor beskikbaar is. Voorstelle is ook baie welkom. Indien jy sou verkies om dit eerder per e-pos te doen, stuur dit na gnangus@gmail.com. Ons plaas 'n skakel na ons videos en ander stukke op die blog ook op The Restory Retreat Centre se Facebook blad. Indien jy ons daar sou volg, sal 'n kennisgewing outomaties deurkom sodra ons iets hier op die blog plaas.  Baie dankie vir jul groot aandeel aan ons werk!