Week In Die Stad Wanneer ons stad - waarmee ons eintlik groot dele van Gauteng bedoel - toe gaan is ons dae van hoek tot kant gevul. Ons paaie skei vir die grootste gedeelte van die week. Matilda bly by die kinders oor waar sy sommer net opvang en saam met hulle iets van hul leefwêreld beleef: Eylene se nuwe pottebakkers-ateljee in Johannesburg en van die klasse wat sy daar aanbied, ete saam met Dane-hulle en ruim tyd saam met Ariana en Leon wie se lewens geleidelik 'n nuwe ritme kry na Deidré se onverwagse dood einde verlede jaar. George bly by vriende in Pretoria oor en bied sessies van die kursus in geestelike begeleiding by Ooskerk aan. Tussendeur word aandag gegee aan 'n hardnekkige enjinprobleem van die bakkie en skenkings vir Die Restory word by ander vriende opgelaai. Laat Donderdagmiddag sluit ons weer bymekaar aan in Benoni waar Ariana ons dae vul en ons aandag soos 'n spons opsuig - skool toe vat en gaan haal, swem, speletjies, gesels, swem, gesels, slaaptydsto...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.