Skip to main content

Posts

Showing posts from May, 2015

Sibongile en die gans

Foto deur Matilda Angus Elke ses weke meld 25 vroue uit die omliggende omgewing op die veeplaas aan om Yvonne se 500 ganse te pluk. Hulle kom gewapen met ‘n skaapvelletjie wat op die koue sement oopgesprei word en waarop hulle dan langbeen teen die muur in die klipskuur sit . Die plukmondering  bestaan verder uit óf n dik gestoffeerde baadjie óf ‘n goingsak wat om die linkerbo-arm vasgebind is. Dis onder hierdie arm wat die gans se kop en nek ingewig word met die plukkery en waar hulle lelik geknyp kan word. Sy kom al ‘n lang pad met hierdie span en elkeen van hulle is vir haar belangrik. Hulle is geleer hoe om die ganse te hanteer en net genoeg vere te pluk na gelang van die seisoen. Maar soos in alle werksplekke, is arbeidsverhoudinge nie altyd maklik nie. Dit help dat sy self iZizulu vlot kan praat, maar wat haar eintlik en veral pla en waarvoor sy nie raad het nie, is dat die ganse nie met respek hanteer word nie. Dis asof hulle nie bewus is daarvan dat dit ‘n lewende

Psalm

Fotograaf: Matilda Angus Dreinpype, filters, vernis, klampe, skarniere, plankvloere, venstermeganismes, saag, skuur, meet, vasdraai, losdraai, opvul, verf… Die elemente en aktiwiteite van my dae die afgelope paar weke. Dis oor die algemeen die elemente van my dae, maar die laaste paar weke nog meer en intens so.  Ek weet dat “doodgewone” werk heilig is. Dis een van die hoekstene van ons geloof en leefwyse hier op Barrowfield. Dis beslis nie die eerste keer dat ek daaroor skryf nie en ‘n wesenlike kwessie wat vir my geweldig belangrik is. Dis vir ons tragies wanneer ons sien en hoor dat die uitleef van die Christelike geloof beperk en opgebind word in kerklike dienskommissies, Bybelstudies, gemeentelike aksies en ander aktiwiteite waaraan die etiket “godsdiens” mettertyd maklik gehang kon word. Niks het gebeur wat my siening verander het nie. Dis steeds aan die een kant dinge waaroor ek jammer is en aan die ander kant dinge wat ek weet en glo. Tog betrap ek myself die laa

What if creativity is available to everyone?

Photograph of a free flow artwork Matilda Angus What if creativity is NOT about being able to draw or paint or sculpt? What if it is about cultivating a way of seeing what is already there? What if it is about being a unique channel for the free flow of endless possibilities?  Come explore this possibility at the Creativity Retreat to be held 22 to 24 May 2014. For more information go to  Kreatiwiteits-retreat Dates at   Retreat Calender Other retreat options at  Retreats Come play! Matilda