Skip to main content

Posts

Showing posts with the label badkamer

Vanuit Die Restory / From The Restory (135)

  Onlangse Oorsig / Recent Summary  Foto's Van Onlangse Gebeure / Pictures Of Recent Events 'n Huis opgeknap en geverf met 'n nuwe badkamer, die koms van lente en reën, retreats, die CMR se breimarathon, aanbied en afsluiting van die Verfrissingskursus in geestelike begeleiding, bywoon van ons kleindogter Ariana se gradeplegtigheid ("Nee Oupa, dis 'n gradige plegtigheid!") voordat sy volgende jaar grootskool toe gaan. A house renovated and painted with a new bathroom, the arrival of spring and rain, retreats, the CMR's knitting marathon, presenting and finishing the Refresher course in spiritual guidance, attending our granddaughter Ariana's graduation before she goes to big school next year. Klank / Sound Die klank van sagte reën na die storm is op baie vlakke nou gepas. The sound of gentle rain after the storm is now appropriate on many levels. Met ons liefde, soos altyd. With our love, as always. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (130)

Vloedgolf   Hierdie week het soos 'n vloedgolf oor ons gespoel in die voorbereiding vir die jaarlikse Wakkerstroom Arts and Crafts Festival, kunstenaars en feesgangers wat oor die naweek op Tafelkop oorbly, retreatgangers wat van Maandag op 'n 4-dag gestruktureerde retreat kom en retreatgangers wat in volgende week op 'n 3-nag stil retreat kom. As deel van dit alles het ons die ou badkamer in 'n rolstoelvriendelike fasiliteit omskep.  Op die koop toe het dit Vrydagaand gesneeu.  Daar was net nie geleentheid vir 'n gespreksopname nie. Die musiek is 'n eiland van rustigheid te midde van groot bedrywighede. Met liefde. George & Matilda

Psalm

Fotograaf: Matilda Angus Dreinpype, filters, vernis, klampe, skarniere, plankvloere, venstermeganismes, saag, skuur, meet, vasdraai, losdraai, opvul, verf… Die elemente en aktiwiteite van my dae die afgelope paar weke. Dis oor die algemeen die elemente van my dae, maar die laaste paar weke nog meer en intens so.  Ek weet dat “doodgewone” werk heilig is. Dis een van die hoekstene van ons geloof en leefwyse hier op Barrowfield. Dis beslis nie die eerste keer dat ek daaroor skryf nie en ‘n wesenlike kwessie wat vir my geweldig belangrik is. Dis vir ons tragies wanneer ons sien en hoor dat die uitleef van die Christelike geloof beperk en opgebind word in kerklike dienskommissies, Bybelstudies, gemeentelike aksies en ander aktiwiteite waaraan die etiket “godsdiens” mettertyd maklik gehang kon word. Niks het gebeur wat my siening verander het nie. Dis steeds aan die een kant dinge waaroor ek jammer is en aan die ander kant dinge wat ek weet en glo. Tog betrap ek myself die...