Skip to main content

Posts

Showing posts with the label godsdiens

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (119)

Spiritualiteit In Gesprek Met Einstein Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Oorspronklik deur Coldplay gesing, gaan dit hier eintlik om 'n minaar wat sy lyf wetenskaplike hou en probeer bepaal waarom 'n verhouding net nie wil werk nie. Selfs die grootste wetenskaplikes kon nog nie met  'n formule daarvoor vorendag kom nie.  En 'n kantnota: Einstein se eie liefdeslewe was ook maar kompleks. In 2017, op pad na 'n Living School simposium in Albuquerque in die VSA, het ons Einstein op die lughawe in Frankfurt raakgeloop.  Met ons liefde. Wat ook teen die spoed van lig beweeg. George & Matilda

God is groter as God

“We give God a name.  We then equate God with the name we have given him,  and in doing so we make ourselves, in effect, God’s God.  Instead of acknowledging God as the source of our identity and existence,  we make ourselves the self-proclaimed source of God’s identity.  God then becomes the one made in our image and likeness. Those engaged in the undertaking of naming God  see themselves as participating in a holy work.  They are the God-definers, the definition makers.”                                                                                                              -    James Finley Wat ek hier skryf volg na aanleiding van '...

Psalm

Fotograaf: Matilda Angus Dreinpype, filters, vernis, klampe, skarniere, plankvloere, venstermeganismes, saag, skuur, meet, vasdraai, losdraai, opvul, verf… Die elemente en aktiwiteite van my dae die afgelope paar weke. Dis oor die algemeen die elemente van my dae, maar die laaste paar weke nog meer en intens so.  Ek weet dat “doodgewone” werk heilig is. Dis een van die hoekstene van ons geloof en leefwyse hier op Barrowfield. Dis beslis nie die eerste keer dat ek daaroor skryf nie en ‘n wesenlike kwessie wat vir my geweldig belangrik is. Dis vir ons tragies wanneer ons sien en hoor dat die uitleef van die Christelike geloof beperk en opgebind word in kerklike dienskommissies, Bybelstudies, gemeentelike aksies en ander aktiwiteite waaraan die etiket “godsdiens” mettertyd maklik gehang kon word. Niks het gebeur wat my siening verander het nie. Dis steeds aan die een kant dinge waaroor ek jammer is en aan die ander kant dinge wat ek weet en glo. Tog betrap ek myself die...