Pa Frans op die swart stoel. Pa kuier vir die naweek. Hy was lanklaas hier en is nou veel beter as ‘n klompie maande gelede. Hy klim viets uit die kar en loop met ‘n vinnige stappie die huis binne na die stamperige rit van Wakkerstroom af. Hy val met ‘n sug in die swart stoel, vou sy benerige vingers oor mekaar, kyk om hom rond en sê: “Ek kan nie glo ek is hier nie.” Hy sit stil en kyk na ‘n “skop, skiet en doodslaan” fliek saam met George. So nou en dan staan hy op, loop kombuis toe en kom dan weer terug en gaan sit. Die hoender staan en ontdooi op die kombuistafel. “Waar’s die aartappels wat ons moet skil vir die hoender?” vra hy. Of, “die vetkoek brand al.” Dit staan in 'n lou oond om te rys, maar sy lus hang al lankal uit daarvoor. Hy is permanent honger. Dalk maar as gevolg van die medikasie maar die onderliggende obsessiwiteit met kos bly maar huiwer en ‘n mens sien dit wanneer hy byna koorsagtig eet. Ek probeer al sy gunstelinge ingepas kry in so ‘n naweek. Gis...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.