* Stefan is een van Johan se werkers wat soggens die beeste melk. Ons het die weelde om dan, sonder dat ons hoef te bekommer oor voer of beeste aanjaag, koei-warm melk uit die kan te gaan skep. Een oggend dra ek 'n paar ou tekkies van my saam met ons beker af melkery toe. "This is a size 8, Stefan. Do you think you can use them? What size are you?" Met groot belangstelling word die skoene by my gevat en van alle kante bekyk. "I wear a size 9," sê hy, "or 8..." Die waterskoene word uitgetrek en die tekkies aangepas. Vir 'n rukkie staan hy doodstil met sy oë stip teen die een muur asof hy sy brein kans gee om wat daar onder gebeur ordentlik te registreer. Dan skielik stamp hy elk van sy voete met die "nuwe" tekkies aan hard op die grond. "Yes, they fit," kondig hy met 'n breë glimlag aan. Met my vol beker melk loop ek terug huis toe en dink aan Dalene Matthee se Fiela se Kind . Wanneer Elias ...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.