Skip to main content

Posts

Showing posts with the label siekte

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (146)

Ons Wyse Gids - Ons Lyf Hallo julle Steeds nie 'n opname nie. Wat half onverwags is, want ons sou mos hierdie week beter wees van die verkoue/griep wat ons verlede week gehad het. Toe nie. Matilda is aan die gesond word, maar haar kragte is maar steeds laag. George moet hom selfs stiller as verlede week gedra, nadat die dokter vasgestel het dat hy brongitis het. Daar is by ons geen twyfel dat sulke tye van minder bedrywig wees en rus noodsaaklik is nie. Ons lywe is wyse gidse wat ons by plekke uitbring wat buite die sfeer van ons koppe lê. Dit help nie om teen daardie liggamlike boodskappe te stry nie. Dis egter opvallend hoe moeilik dit dikwels vir ons is om af te skaal en stiller te word. Hoe ons onvermoë om besig te wees, dinge af te handel en op 'n produktiewe dag terug te kyk, op ons identiteit en gemoed inspeel. Hoe maklik ons skuldig voel. Wat ons as maatstawwe gebruik om ons bestaan te regverdig. So 'n tyd van siek wees bring jou telkens terug na die sin en waarde v...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (17)

  Wanneer Ek Bid Luister tog na my woorde, Here, hoor hoe ek sug.                                         Ps 5:2 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie,  maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is...                                                  Rom 8:26-27 Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek "Powerlessness is our greatest treasure.  Don’t try to get rid of it. Everything in us wants to get rid if it.  Grace is sufficient for you, but not something you can understand.  To be in too big a hurry to get over our difficulties is a mistake  because you don’t know how valuable t...