Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Sheila Cussons

Leviatan

Leviathan * Terwyl ek die stuk oor Patat (Sien Watchitometer ) geskryf het waarin ek noem dat hy jou soms hap, het ‘n gedeelte uit Job aanhoudend by my opgekom: “Kan jy 'n krokodil met 'n hoek vang of hom 'n tou in die bek sit? Kan jy 'n lyn deur sy neus steek of sy kakebene met 'n hoek vastrek? Sal hy jou soebat om genade of by jou mooipraat? Sal hy 'n ooreenkoms met jou aangaan om vir altyd jou slaaf te wees?” (Job 40:20-23) . Dalk is dit omdat ek meen hy is net so onafhanklik ontembaar soos die krokodil as hy eers daardie ore plattrek. Die hele dinkery het my egter weer op ander spore gesit. In byna al die Engelse vertalings en in die oorspronklike Hebreeuse teks self word nie van krokodil nie, maar van die Leviatan – die Hebreeuse naam vir ‘n groot seemonster - gepraat. Dit gaan nie hier vir my om wat die beste vertaling van die gedeelte in Job is nie. Die onderliggende tema is gewoon iets baie groter as die mens wat vrees inboesem en waarteen o...

Psalm

Fotograaf: Matilda Angus Dreinpype, filters, vernis, klampe, skarniere, plankvloere, venstermeganismes, saag, skuur, meet, vasdraai, losdraai, opvul, verf… Die elemente en aktiwiteite van my dae die afgelope paar weke. Dis oor die algemeen die elemente van my dae, maar die laaste paar weke nog meer en intens so.  Ek weet dat “doodgewone” werk heilig is. Dis een van die hoekstene van ons geloof en leefwyse hier op Barrowfield. Dis beslis nie die eerste keer dat ek daaroor skryf nie en ‘n wesenlike kwessie wat vir my geweldig belangrik is. Dis vir ons tragies wanneer ons sien en hoor dat die uitleef van die Christelike geloof beperk en opgebind word in kerklike dienskommissies, Bybelstudies, gemeentelike aksies en ander aktiwiteite waaraan die etiket “godsdiens” mettertyd maklik gehang kon word. Niks het gebeur wat my siening verander het nie. Dis steeds aan die een kant dinge waaroor ek jammer is en aan die ander kant dinge wat ek weet en glo. Tog betrap ek myself die...