Meer As Onsself Die Gesprek Wendell Berry is die afgelope paar weke voorop in ons gedagtes. Vandag neem ons een van sy opmerkings of waarnemings wat in verlede week se blog opgeduik het bietjie verder. Ons leef maklik in die eng ruimte van ons eie gedagtes, behoeftes en planne, asof ons die middelpunt van die werklikheid is. Maar werklike lewe - en veral ware groei - begin wanneer ons besef dat ons nie alleen is nie; dat ons nie op ons eie leer hoe om beter, wyser en meer volledig mens te word nie. Om lief te hê is selde ’n romantiese afsondering. Dit is eerder die uitmergelende, pragtige ontwaking dat iets en iemand anders as jouself werklik is. Ons word nie in ’n vakuum gevorm nie. Die mense met wie ons leef - met al hul onvolmaakthede en die onverwagte laste wat hulle op ons lê - word dikwels ons beste geestelike gidse. Deur hulle word ons stadig losgemaak van ons selfbeheptheid. Hierdie verbondenheid strek verder as ons medemens. Dit omvat ook die aarde wat ons dra: daardie o...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.