Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Neurografika

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (240)

  Klein Vreugdes Matilda Van al Matilda se vreugdes is hierdie seker die grootste - die "wildness and wet." Die Gesprek Direkte skakel na YouTube video Elemente Uit Die Gesprek 'n Versameling van Matilda se vreugdes: Lekker om 'n uitdaging te hê, om gerek te word, en om verruim te word. Water, en in besonder die see, is soos balsem vir haar. Om die groot betekenis in klein dinge of gebeurtenisse raak te sien. Om enigiets kreatiefs te doen wat haar aandag ten volle in beslag neem, is 'n groot vreugde. Dis 'n groot vreugde om te groei; 'n nog groter vreugde om mense te help om hul potensiaal te ontgin. Musiek Haar gunsteling musiek is na aan die bodem - o.a Kelties, inheems Amerikaans. Direkte skakel na YouTube video Met ons liefde. George & Matilda