Skip to main content

Posts

Showing posts with the label sinkronisiteit

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (128)

  Entoesiastiese God Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  George kry sy verjaarsdagkaartjie en reisplan in een, in die bed. Musiek Mens verwag dit nie eintlik van hom nie, maar sommer net iets speels en lig van Andrea Bocelli. Mag die krag van die wind en  die lig van die son, Die sagtheid van die reën en  die misterie van die maan Jou bereik en jou vul.  Mag skoonheid jou bly maak en geluk jou ophef,  Mag wonder jou vervul en  liefde jou omring. Mag jou treë bestendig wees en  jou arm sterk. Mag jou hart rustig wees en  jou woord waar. Mag jy soek om te leer,  mag jy leer om te lewe,  Mag jy lewe om lief te hê, en  mag jy liefhê ~ altyd. Keltiese seën                                      Met ons liefde. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (100)

Sinkronisiteit Opvolg Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Lees:  Matilda se ervarings met suikerbekkies Lees:  My Hunchback Musiek Dis goed dat daar avontuur-musiek geskryf is - vir migrerende voëls en vir ons. Al moedig dit ons net aan om op meer avonture te gaan, of ons hele lewe as een te sien. Ons wens vir julle: 'n belewenis van die "dun plekke". Met ons liefde. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (99)

  'n Duisend Hande Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ "Until one is committed, there is hesitancy, the chance to draw back, always ineffectiveness. Concerning all acts of initiative [or creation] there is one elementary truth, the ignorance of which kills countless ideas and splendid plans: that the moment one definitely commits oneself, then Providence moves too.  All sorts of things occur to help one that would otherwise never have occurred. A whole stream of events issues from the decision, raising in one’s favor all manner of incidents and meetings and material assistance which no man would have believed would have come his way." W.H. Murray, Skotse ontdekkingsreisiger ~ ❖ ~ Cause of Death Uitstalling Ariana in vervoering  Musiek Wanneer jy dinge nie so krampagtig probeer beheer nie, jou oorgee aan die vloei van gebeure en oop is vir die onverwagte, kan jy saam met Ian McKellen sing. Ian McKellen gee nie om saam met wie hy sing nie, solank hy dit net kan doen....

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (59)

  Sinkronisiteit  Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Detail: Die Skepping Van Adam deur Michelangelo Verslag van 'n verhuising Jip, ons pak steeds en het reeds meubels en skilderye aangery Tafelkop toe. 'n Leë huis is egter nie veel om te wys nie.  Die leefvertrek wat van huislik na strak verander het, bly die beste barometer. In die agtergrond, is die spens deur die deuropening sigbaar. Dié het nou ook 'n stoorkamer geword. Musiek Die tema vir hierdie maand se musiek is afskeid, aanbeweeg, afsluit van iets, nuwe begin. Avontuur is ook 'n element daarvan en sinkronisiteit is is weer 'n groot bestanddeel daarvan. Hierdie week se musiek van die Japannese duo, Lullatone, kom van hul album, Soundtracks For Everyday Adventures . Net reg vir nou. Met  liefde.   George & Matilda