Skip to main content

Posts

Showing posts with the label verhuising

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (63)

  Wat Het Ons Geleer? Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek _______________ “ Until one is committed, there is hesitancy, the chance to draw back, always ineffectiveness. Concerning all acts of initiative and creation, there is one elementary truth the ignorance of which kills countless ideas and splendid plans: that the moment one definitely commits oneself, then providence moves too. All sorts of things occur to help one that would never otherwise have occurred. A whole stream of events issues from the decision, raising in one's favour all manner of unforeseen incidents, meetings and material assistance which no man could have dreamed would have come his way. Whatever you can do or dream you can, begin it. Boldness has genius, power and magic in it. Begin it now.”                                                               ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (61)

  Intussen  Hierdie week, mense, het ons net glad nie by 'n gespreksopname uitgekom nie. Van vroeg tot laat, elke dag, het ons getrek. Elke nou en dan vra ons vir mekaar: hoe is dit dat ons so baie goed het? Moet ons nie al die boeke maar uitgooi nie?  En al daardie stemme met wie ons in gesprek is stilmaak? En hoeveel retrestgangers het nie al voor die rakke gestaan en net die regte boek vir hul tyd en situasie gekry nie. Nee, ons kan nie. Die pottebakkersateljee liewer toemaak? Dit gaan buitendien 'n paar maande vat voordat dit weer in produksie is op Tafelkop. Dis egter waar ek, Matilda, my uitleef en waar hoeveel mense hulself tydens werkswinkels kreatief uitdruk. Dis ook 'n baie belangrike geestelike hulpmiddel. Ons kan nie. Van die masjiene van my, George, se werkswinkel ontslae raak?  Ons het inderdaad 'n hele paar groot ingenieursmasjiene verkoop, omdat daardie fase van George se lewe verby is en dit ook met oorbruggingskapitaal vir die tydperk wat ons nou in...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (60)

  'n Terugkyk Op Barrowfield  Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek "Funny how places become people, how this house and her old iron bed still pull me in and offer comfort when I need it."                                                  Lori Nelson Spielman Skhumbuzo het hierdie foto van dié week se opname geneem. Die kapel was die ideale ruimte om die solder se inhoud uit te sorteer. Musiek Wanneer jy vir oulaas deur leë vertrekke loop en deure saggies toetrek. Met  liefde.  Dankie dat ons Barrowfield met julle kon deel, George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (59)

  Sinkronisiteit  Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Detail: Die Skepping Van Adam deur Michelangelo Verslag van 'n verhuising Jip, ons pak steeds en het reeds meubels en skilderye aangery Tafelkop toe. 'n Leë huis is egter nie veel om te wys nie.  Die leefvertrek wat van huislik na strak verander het, bly die beste barometer. In die agtergrond, is die spens deur die deuropening sigbaar. Dié het nou ook 'n stoorkamer geword. Musiek Die tema vir hierdie maand se musiek is afskeid, aanbeweeg, afsluit van iets, nuwe begin. Avontuur is ook 'n element daarvan en sinkronisiteit is is weer 'n groot bestanddeel daarvan. Hierdie week se musiek van die Japannese duo, Lullatone, kom van hul album, Soundtracks For Everyday Adventures . Net reg vir nou. Met  liefde.   George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (58)

  Die Diepte-dimensie Baie dankie, Heather, wat verlede week hierdie vir ons gestuur het nadat sy na ons gesprek geluister het. Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek " Is there anything I can do to make myself enlightened?  As little as you can do to make the sun rise in the morning.  Then of what use are the spiritual exercises you prescribe? To make sure you are not asleep when the sun begins to rise.”                                                                                                                     Anthony de Mello  Verslag van 'n verhuising Dinsdagoggend Vrydagaand Die "stoorkamer" word voller. Vrydagmiddag in Tafelkop se woonstel  . Matilda diep in gedagte....

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (57)

  Kontemplatief Besig Die Gesprek REGSTELLING In die video raak George deurmekaar met die maande! Ons staan aan die einde van April en gaan teen die einde Mei  klaar oorgeskuif wees. Elemente Uit Die Gesprek Met ons besoek aan Gauteng die afgelope week het ons soveel navrae oor Die Restory se verhuising gekry en versoeke dat ons inligting daaroor moet deurgee, dat ons besluit het om dit vir die afsienbare toekoms as item in ons blog te plaas.  Ons plaas ook van die foto's op Facebook en Instagram, maar dis handig om dit hier in die blog te hê omdat dit maklik is om jou hand daarop te lê in jare vorentoe. Teen die einde van Mei wil ons alles oorgeskuif hê na Tafelkop. Om te sê dat ons dan gevestig sal wees is totaal onrealisties teen die agtergrond van tyd, kragte en fondse en die mate waartoe dit beskikbaar is. Hierdie week is die hooffokus die ontruiming van Sebastien se rondawel en die vervoer van sy meubels en ander besittings na sy nuwe huis. Die Mazda gelaai vir die ...