Die Diepte-dimensie
Die Gesprek
Elemente Uit Die Gesprek
"Is there anything I can do to make myself enlightened? As little as you can do to make the sun rise in the morning. Then of what use are the spiritual exercises you prescribe?To make sure you are not asleep when the sun begins to rise.”
Anthony de Mello
Dinsdagoggend
Die tema vir hierdie maand se musiek is afskeid, aanbeweeg, afsluit van iets, nuwe begin. Ons self beleef dit tans persoonlik, maar dis ook opvallend hoeveel van ons familie en vriende besig is om te verhuis, of deur groot veranderinge gaan.
Soos in die gekonsentreerde ligstraal van 'n brandglas word daar tydens sulke oorgange baie kragte en energieë as't ware binne die verloop van dae of weke saamgebondel met baie dinge wat kan skeefloop. Wanneer jy dan 3 uur in die nag wakker lê, is dit mos net asof alles wat gedoen moet word en allerlei bekommernisse en vrese soos helder neon-tekens in die donker gloei.
Die sak onder die oppervlak in, na die diep water onder die golwe, help baie. Ons vind dan ook bemoediging en beleef dat ons hart geken en gehoor word in die baie ou Ierse gebed, bekend as St. Patrick's Breastplate. Soms word dit ook "The Deer's Cry" genoem.
Die video wat ons plaas is 'n verwerking van die ou gebed deur Arvo Pärt.
Met ons liefde. Christus is met en in julle.
George & Matilda








Comments
Post a Comment