Skip to main content

Posts

Showing posts with the label akteurs

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (114)

  Spiritualiteit In Gesprek Met Rolprente Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Hierdie musiek uit die Coen broers se rolprent "O Brother, Where Art Thou?"  is 'n mooi voorbeeld van verskillende genres en kreatiewe uitdrukkings wat dikwels in rolprente saamkom. Volgens alle aanduidings het hierdie tradisionele Afro-Amerikaanse spiritual, oorspronklik "The Good Old Way" genoem, sy oorsprong in die Tennessee, Arkansas, Mississippi area gehad. Dit is die eerste keer in 1867 in 'n liedboek gepubliseer. Alison Krauss het 'n moderne weergawe, "Down to the River to Pray"  vir "O Brother" geskep. Op briljante wyse het die Coen broers dit ingetrek in 'n rolprent oor 3 voortvlugtige gevangenes in die Amerikaanse Suide en hul ervarings wat losweg op Homerus se epiese gedig Die Odyssee geskoei is. Met ons liefde. George & Matilda