Skip to main content

Posts

Showing posts with the label snert

Per Definisie

Die volgende spruit voort uit ‘n gesprek wat ek en Matilda vroeër die week gehad het oor die Engelse woord peruse. X:   Enige idee wat peruse beteken? Y:   O ja, maar natuurlik!     Peruse  s.nw, meervoudsvorm van ‘n Peroes , ‘n inwoner van Peru. Val binne die meervoudsvorm-groep van inwoners van ander Suid-Amerikaanse lande, bv. Brasille, Chillies, Venezuelle, Argentiniane (lg. o.g.v. historiese redes en Indiaanse bevolkingsamestelling  ’n uitsondering op ‘n alg taalreël waar s.nwe wat op – ië eindig gewoonlik - rs in die meervoud kry. Vgl. Indiërs,   Albaniërs ,  akniërs – al het dit nie met die uitleg op ‘n kaart maar meer met die topografie van ‘n gesig te make – en komitiërs in ‘n bestuurskonteks).     Bg. variasie in meervoudsvorme om inwoners te beskryf is eie aan die uiteenlopende verbuigings van Latyn, die spreektaal in meeste van hierdie lande en ‘n bewys van Romeinse besetting. Dit het gevolg op die ontdek...