Skip to main content

Posts

Showing posts with the label sonpanele

Werfnuus - Tafelkop Sonder Krag

  Liewe vriende en ondersteuners, Soos baie van julle dalk gehoor het was ons die afgelope week hier op Tafelkop van Maandag tot Vrydag vir vyf dae heeltemal sonder krag ná die sneeustorm. Vir ons is die reën- en sneeustorms elke keer ’n groot uitdaging. Ons lê aan die heel stertkant van ’n lang, yl bevolkte Eskom-toevoerlyn, en dit beteken ongelukkig dat ons dikwels heel agter in die ry is wanneer herstelwerk gedoen word. Hierdie keer het dit ons weer baie bewus gemaak van hoe kwesbaar ons is. Ons het byvoorbeeld iemand hier op privaat-retreat gehad, en hy moes die hele week saam met ons sonder elektrisiteit klaarkom. Teen dag 3 moes die goed in die vrieskas oorgevat word na ‘n vrieskas op ‘n buurplaas wat sonkrag het. Dit het ons laat besef dat ons nie net kan hoop dat daar hierdie komende somer min onderbrekings gaan wees, of dat die volgende een korter gaan wees nie. Daar is ook ’n ander kant aan ons kragprobleem. Ons Eskom-rekening begin elke maand by ongeveer R3 400 (vaste l...