Skip to main content

Posts

Showing posts with the label top gear

Top gear en Gebed

Daar word vertel van die ou oom wat jare gelede daar in die Namakwaland geboer het. Op ‘n keer is hy op ‘n kerkraadsvergadering gekies om saam met sy dominee en twee ander gereelde “kerkvergadering-afgevaardigdes” na ‘n vergadering in Kaapstad  toe te gaan. Die tog is in die dominee se spoggerige nuwe motor aangepak. Terug by die huis wou sy vrou van alles weet en hy het haar so stuk-stuk vertel, omdat hy nie ‘n man van lang stroke gesels was nie. Hy was meer vir kyk en luister. So het die tante dan ook eers ‘n hele paar dae later oor die laatoggendkoffie gehoor dat hulle nogal ‘n hele ervaring op pad Kaap toe gehad het. Die dominee se mooi kar het goed gery en die dominee was nie bietjie trots daarop nie. Het vir hulle alles binne gewys, vertel van die ratte se “low, second en top”. Maar by een van die erg steil bulte het dinge amper lelik skeefgeloop. Die dominee het die bult in “top gear” stormgeloop en voet in die hoek gesit. Maar hoe hoër en steiler dit raak hoe ...