Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Stil Saterdag

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (105)

Vandag Praat Ons nie Die eienskap wat vir ons die sterkste uitstaan van Tafelkop, is die mis. In die 9 maande wat ons nou hier bly, was en is dit ‘n konstante – winter en somer, vroegoggend, laatmiddag, teen skemer wanneer ons gaan stap, dan kom die mis ingerol deur die keep waar die pad deur Kastrolnek gaan. Asof dit die heeltyd teen die agterkant van Tefelkop druk, die opening ontdek, deurbreek en oor dakke, werwe, lande spoel. Met die digte sluier oor alles getrek, weet ons daar is steeds groot bome in die laning. Ons hoor hulle drup. Verder is dit doodstil.   Tussenin. Nie heeltemal reën nie en nie heeltemal lug nie. Nie totaal donker nie, maar ook nie regtig lig nie. Vroegoggend-opname op Tafelkop - Stil Saterdag Vandag is Stil Saterdag.    Die mistige dag. Êrens tussen dood en lewe, waar iets verby is, maar die nuwe nog nie is nie. Waar die bekende bakens wat ons koördinate verskaf en ons veilig laat voel weg is. En vae buitelyne geen aanduiding van nuwe lewe is nie...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (54)

  Stil Saterdag Kunswerk deur Alma Sheppard-Matsuo “Maar Hy antwoord hulle: “'n Slegte en afvallige geslag vra 'n teken,  en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.  Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van 'n groot vis was,  so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees.” ‭‭                                                                                                                                             Matteus‬ ‭12‬:‭39‬-‭40‬ ~ ❖ ~ “Josef het 'n stuk linne gekoop, Je...