Skip to main content

Posts

Showing posts with the label knoop

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (200)

  Steeds Losknoop Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Net om vir jouself te sê, of om die stelling te maak, "Iets gaan verander" is alreeds 'n groot tree vorentoe. Dit gebeur nie aldag dat ons twee opnames van dieselfde stuk musiek deur  dieselfde kunstenaar plaas nie.  Charles Yang is egter so veelsydg en talentvol dat ons dit graag doen. Ons hoop jy kan aanvoel hoe ernstig ons jou aanmoedig! Met ons liefde. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (199)

  Knoop en Losknoop (2/2) “Die mens kyk na wat hy sien, maar die Here kyk na die hart.” ‭‭1 Samuel‬ ‭16‬:‭7‬ ‭AFR20‬‬                       Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Mag jy veilige plekke vind, en self een wees. Met ons liefde. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (198)

  Knoop en Losknoop (1/2) Die "kleinheid" van die lewe kan soms swaarder voel as sy groot tragedies. 'n Lewe hoef nie "vol" tragedie te wees nie. As dit "leeg" van betekenis is, kan daardie leegheid uiteindelik 'n verpletterende las word wat neerdruk op die een wat daardie lewe leef. Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek In kontemplatiewe spiritualiteit word die "knoop en losknoop" nie opgelos deur die taak te ignoreer of te systap nie, maar deur die aard van die knoop te verander. In plaas van 'n hindernis wat oorkom moet word sodat die lewe kan "begin", word die daad die lewe self. Musiek ABBA sing hier van 'n lewe waar al die knope perfek vas is, maar die persoon daarbinne is 'n slaapwandelaar. Here, Ons is nie blind vir die las van die aanhoudende nie. Dieselfde bord, dieselfde pad werk toe, dieselfde knope, dieselfde maskers wat ons opsit. Help ons asseblief met die moedeloosheid vir “die volgende”. Ons weet ten ...