Knoop en Losknoop (1/2)
Die "kleinheid" van die lewe kan soms swaarder voel as sy groot tragedies.
'n Lewe hoef nie "vol" tragedie te wees nie. As dit "leeg" van betekenis is, kan daardie leegheid uiteindelik 'n verpletterende las word wat neerdruk op die een wat daardie lewe leef.
Die Gesprek
Elemente Uit Die Gesprek
In kontemplatiewe spiritualiteit word die "knoop en losknoop" nie opgelos deur die taak te ignoreer of te systap nie, maar deur die aard van die knoop te verander. In plaas van 'n hindernis wat oorkom moet word sodat die lewe kan "begin", word die daad die lewe self.
Musiek
Here,
Ons is nie blind vir die las van die aanhoudende nie.
Dieselfde bord, dieselfde pad werk toe,
dieselfde knope, dieselfde maskers wat ons opsit.
Help ons asseblief met die moedeloosheid vir “die volgende”.
Ons weet ten diepste dat ‘n taak wat herhaal word
nie ‘n verkwiste lewe is nie, maar ‘n gekoesterde lewe.
Wanneer ons vergeet, help ons onthou.
Wanneer ons vanaand ons knope losmaak,
laat ons ook die baie stemme wat daagliks vir ons fluister losknoop.
En wanneer ons môre ons knope vasmaak,
mag ons dit doen met liefde vir die wêreld waarin U leef.
Amen
Met ons liefde.
George & Matilda





Comments
Post a Comment