Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Paasfees

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (208)

  Liefde en Hartseer Die Restory se program hierdie week reflekteer in 'n groot mate die groter Paastemas. Oor Paas-naweek  bied die uitsonderlike Pippa Jarvis van Embrace Village 'n Expressions of Loss retreat hier by ons aan met die fokus op rou. Ander se verhale van verlies en hartseer vou ons menswees oop en roer ons juis omdat die herkenning en medelye deel van die proses is.  Oor die 5 dae wat dit duur, staan ons tydens die gebedstye soggens en saans stil by elemente van die treurproses, wat pragtig aansluit by en die temas van Paasfees nuwe betekenis gee. Die opening- en afsluitgebede aan die begin en einde van die stilwordtye, is telkens net die reëls uit 'n gedig of ander literatuur wat die tema van daardie dag uitlig: Donderdag Goeie Vrydag Stil Saterdag Paassondag Paasmaandag Op die laaste dag van die retreat keer ons terug na die gebede van die eerste dag. Voor die aanvang van die retreat, met ons alleen hier by Tafelkop gedurende die Heilige Week, het die vr...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (3)

  Paasfees As Boodskap  Ek sê vir julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit net een enkele korrel;  maar as dit sterf, dra dit baie vrug.  Wie sy lewe liefhet, verloor dit;  maar wie sy lewe in hierdie wêreld gering ag, sal dit vir die ewige lewe behou.  As iemand My wil dien, laat hy My volg;  en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees.                                                                      Joh 12:24-26 (2020-Vertaling) Ons Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Daar is dood, vernietiging, rou, sugte en trane... Letsels van 'n oorlog, Kijif, Oekraïne, Februarie 20222 'n Ou, weemoedige lied uit Oekraïne: (Klik op skakel hieronder om daarna te luister) Plyve Kacha  Vertaal, lui die woorde: 'n Eend swem op die Tysyna [rivier] Moeder van my,...