Skip to main content

Posts

Showing posts with the label identiteit

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (225)

Eksistensiële Gesondheid Onsekerheid, Sterflikheid, Identiteit vs Rol Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Kreatiewe Stuk Alberto Giacometti - L’Homme qui marche (Die Lopende Man) 1960 Alberto Giacometti se beroemde bronsfiguur L’Homme qui marche (Die Lopende Man) beeld ’n man uit, besig om te loop, met sy arms wat los langs sy sye hang. Dit word beskryf as ’n nederige beeld van ’n doodgewone man, én terselfdertyd ’n kragtige simbool vir die hele mensdom. Giacometti het die natuurlike balans van die treë gesien het as ’n beeld van die mens se eie lewenskrag. Die figuur het geen klere, geen professionele kenmerke, geen gesigsuitdrukking van bravade nie. Hy is bloot mens—breekbaar, alleen, maar steeds aan die beweeg. Dit verwoord visueel daardie vraag: Wie is jy wanneer jy nie meer jou rolle "dra" nie? Jy is nie die harnas van jou werk of doeltreffendheid nie; jy is die essensie wat deurbreek wanneer alles afgestroop word. Daar is 'n diep ironie daarin dat Giacometti se...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (210)

Ek Is Nie Wat Met My Gebeur Het Nie   Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Ons buig.... voor jou dapperheid en voor wie jy ten diepste is. Met ons liefde. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (146)

Ons Wyse Gids - Ons Lyf Hallo julle Steeds nie 'n opname nie. Wat half onverwags is, want ons sou mos hierdie week beter wees van die verkoue/griep wat ons verlede week gehad het. Toe nie. Matilda is aan die gesond word, maar haar kragte is maar steeds laag. George moet hom selfs stiller as verlede week gedra, nadat die dokter vasgestel het dat hy brongitis het. Daar is by ons geen twyfel dat sulke tye van minder bedrywig wees en rus noodsaaklik is nie. Ons lywe is wyse gidse wat ons by plekke uitbring wat buite die sfeer van ons koppe lê. Dit help nie om teen daardie liggamlike boodskappe te stry nie. Dis egter opvallend hoe moeilik dit dikwels vir ons is om af te skaal en stiller te word. Hoe ons onvermoë om besig te wees, dinge af te handel en op 'n produktiewe dag terug te kyk, op ons identiteit en gemoed inspeel. Hoe maklik ons skuldig voel. Wat ons as maatstawwe gebruik om ons bestaan te regverdig. So 'n tyd van siek wees bring jou telkens terug na die sin en waarde v...