Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Marlene van Niekerk

Stil plesier

  Foto deur Lien Botha Dave Pepler skryf in sy pragtige boek Immergroen. Stories oor plante:   “My voorstoep kry die son uit die weste en dit bak soos ‘n hoogoond. Op elke trappie het ek ‘n erdepotjie met ‘n vygie daarin, die bogrond toegepak met koffiekleurige spoelklippies. Soggens, as ek koffie drink op die boonste trap, bekyk ek hulle. Byna so immobiel soos fossiele staan hulle jaarlank tot daar skielik, oornag, ‘n blomknoppie verskyn. Daardie dag probeer ek tuisbly en wag tot die son tref, want ek weet dat die blom net vir my gaan bloei. Vygies gee jou plesier op ‘n stil manier. Hoe soet klink die volksname nie – ghoena, ghôkum, steekvy, kougoed, vingerkanna, brakslaai, asbos, loogslaai, haasballetjies, kirriemoer... Het jy al suurvy-konfyt geproe? Gaan soek, want daar is nog enkeles wat dit kook. Maar, bowenal beloon vygies jou met hul dankbaarheid en uitbundigheid. Uit dorheid en grint, teen middag, breek hulle die lig.” Dit vra om saam met Marlene v...

nota aan die stadsraad

Foto deur Amanda White meneer, vandag is die wind ‘n ou viool. trouens, kragtens musiek is vandag se winter méér vertroostend; die platkopdenne byvoorbeeld: uitgerafelde slae van ‘n dowwe tamboer. die punt, egter, is: op die groen tralies voor die huis wat so lank leeggestaan het, met, tereg meneer die stadsklerk, bláre op die vensterbanke, vermoedelik véél gevaarliker vlermuise in die nok – op dié groen tralies waaragter ag, waaragter géén geheime huis (met tampende staan- horlosies ‘n bont papegaai ivoorpatrone op ‘n ronde tafel) meer bouvallig mag kantel nie; op dié groen tralies, geagte meneer – hoe sal ek dit formuleer – op dié groen tralies dans vandag die blink glissando’s van die son.              Marlene van Niekerk