Skip to main content

Posts

Showing posts with the label kinders

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (203)

Week In Die Stad Wanneer ons stad - waarmee ons eintlik groot dele van Gauteng bedoel - toe gaan is ons dae van hoek tot kant gevul.  Ons paaie skei vir die grootste gedeelte van die week.  Matilda bly by die kinders oor waar sy sommer net opvang en saam met hulle iets van hul leefwêreld beleef: Eylene se nuwe pottebakkers-ateljee in Johannesburg en van die klasse wat sy daar aanbied, ete saam met Dane-hulle en ruim tyd saam met Ariana en Leon wie se lewens geleidelik 'n nuwe ritme kry na Deidré se onverwagse dood einde verlede jaar. George bly by vriende in Pretoria oor en bied sessies van die kursus in geestelike begeleiding by Ooskerk aan. Tussendeur word aandag gegee aan 'n hardnekkige enjinprobleem van die bakkie en skenkings vir Die Restory word by ander vriende opgelaai. Laat Donderdagmiddag sluit ons weer bymekaar aan in Benoni waar Ariana ons dae vul en ons aandag soos 'n spons opsuig - skool toe vat en gaan haal, swem, speletjies, gesels, swem, gesels, slaaptydsto...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (170)

Vreugde In Die Maak Daarvan Kom ons begin met 'n kort refleksie wat probeer uitdruk waaroor vandag se onderwerp gaan. Miskien herken jy jouself daarin. Daar is genot wat nie skree nie. Wat nie op applous wag of trots op ’n verhoog staan nie. Wat nie gepootjie word deur perfeksionisme of selfkritiek nie. Dis die sagte glimlag van iemand wat stil sit en kyk na iets wat deur hul eie hande gekom het— en wat nou lewe. Dit is nie selftrots nie. Dit is eerder ’n heilige ja: ’n instemming met die Woord wat lig geskep het, ’n deelname aan die Asem wat alles laat wees. Dit gaan nie om prestasie nie, maar verbintenis. Dit is nie eers trots nie — dit is eerbied. Wanneer jy vorm gee aan wat innerlik in jou gegroei het— ’n gedig, ’n skets, ’n brood, ’n woord van vertroosting— dan ervaar jy daardie vreugde: nie jy as die oorsprong van daardie skepping nie, maar as ’n vriend van die Skepper. En jy fluister sag vir jouself, soos God op die sewende dag: “Dit is goed.” Matilda se vreugdes. George s...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (52)

  Kuns In Tye Soos Hierdie Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek Musiek  “I . . . ask the Lord  to give you every blessing and joy  and to keep ever fresh and young your ‘child’s mind’  which is the only one worth having.”                                                                                                                                                                Thomas Merton George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (25)

      Die Klein Vreugdes: Kleinkinders     Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek  Musiek Ons stuur vir julle vrede. En ons liefde.  George en Matilda