Skip to main content

Posts

Showing posts with the label diere

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (193)

  Kersverhaal “Kyk, Ek stuur julle uit soos skape onder die wolwe.  Wees dan behoedsaam soos slange en onskuldig soos duiwe.” ‭‭Matteus‬ ‭10‬:‭16‬ ‭AFR20‬‬                     CAROL OF THE FRIENDLY BEASTS Jesus, our brother, strong and good Was humbly born in stable rude And the friendly beasts around him stood, Jesus, our brother, kind and good. I, said the donkey, shaggy and brown, Carried his Mother uphill and down I carried her safe to Bethlehem town, I, said the donkey, shaggy and brown. I, said the cow, all white and red, Gave him my manger for his bed, I gave him my hay to pillow his head, I, said the cow, all white and red. I, said the sheep with curly horn, Gave him my wool to keep him warm, He wore my coat on Christmas morn, I, said the sheep with curly horn. I, said the dove, in the rafters high, Cooed him to sleep with lullaby, We cooed him to sleep, my mate and I, I, said the dove, in the rafters high. Thus every ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (181)

  Die Onondersoekte Lewe (?) Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek "Bird Song" gaan oor 'n wêreld wat so deeglik "ondersoek", geplavei en van sy misterie gestroop is dat ons met 'n verlammende stilte gelaat word. Hierdie "Voëllied" is 'n pleidooi om weer bekoor te word. Die "ondersoek" hier is die hiper-rasionele, beton-gietende vooruitgang wat tot 'n geestelike en ekologiese krisis gelei het.  "sing me a song and put me back to sleep / from the trees, breathe life back into me" Dit is 'n begeerte om terug te keer na 'n droomagtige, onanalitiese toestand. Sy vra nie vir 'n les nie, maar vir 'n slaapliedjie—'n liedjie wat denke beëindig, nie uitlok nie. Dit is 'n wens om weer verbind te word met die natuurlike, onbewuste wêreld ("die bome") om genees te word. Mag horisonne vir jou oopgaan wat wyd strek. Met al ons liefde. George & Matilda

Edms. Bpk.

Foto: George Angus Die ou huis waar ons besig is om stuk-stuk in te trek het vir goed vier jaar of langer leeggestaan. Oom Koekies en tannie Joey wat lank daar gebly het, het aftree-oord toe verhuis nadat tannie Joey siek geword het. Na hulle het daar nie weer iemand daar gebly totdat ons gekom het nie. Maar ons misgis ons. Daar was ander inwoners. Vrydagaand met die aankom daar, het ons die bokkie vlugtig in die bakkie se ligte gesien. Saterdagoggend baie vroeg, terwyl ek in die oggendskemer met my koppie koffie voor die venster staan, kom hy in die kampie direk teen die huis ingehardloop, soek vir ‘n tydjie ernstig na ‘n uitgang en glip toe deur die opening in die draad, oor die oop werf die bosse in. Saterdagmiddag, toe ons teen skemer van oupa Frans in die aftree-oord op die werf terugkom, staan hy rustig en wei in die kort grassies voor die ou waenhuisdeur. Ons het die bakkie afgesit en net lank na hom sit en kyk. Dit wil soos ‘n vaalribbok lyk. Of dalk ‘n steenbo...