Kontemplatief Besig Die Gesprek REGSTELLING In die video raak George deurmekaar met die maande! Ons staan aan die einde van April en gaan teen die einde Mei klaar oorgeskuif wees. Elemente Uit Die Gesprek Met ons besoek aan Gauteng die afgelope week het ons soveel navrae oor Die Restory se verhuising gekry en versoeke dat ons inligting daaroor moet deurgee, dat ons besluit het om dit vir die afsienbare toekoms as item in ons blog te plaas. Ons plaas ook van die foto's op Facebook en Instagram, maar dis handig om dit hier in die blog te hê omdat dit maklik is om jou hand daarop te lê in jare vorentoe. Teen die einde van Mei wil ons alles oorgeskuif hê na Tafelkop. Om te sê dat ons dan gevestig sal wees is totaal onrealisties teen die agtergrond van tyd, kragte en fondse en die mate waartoe dit beskikbaar is. Hierdie week is die hooffokus die ontruiming van Sebastien se rondawel en die vervoer van sy meubels en ander besittings na sy nuwe huis. Die Mazda gelaai vir die ...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.