God, En Die Plek Waar Ek Bly Ons stemme is só dik en krapperig van erge verkoues dat ons nie hierdie week 'n opname kon doen nie. Ons hoop egter om steeds reg te laat geskied aan hierdie belangrike tema van die plek waar ons bly, ons huis, werf, omgewing, ons spasie, waar dit ook al is, as die ruimte waar God beleef word. Waar God is. Hoe meer intiem ons met hierdie spasie in al sy skakerings en seisoene betrokke raak, hoe intiemer raak die band met God. Wallace Stevens het by geleentheid gesê: "We live in the description of a place and not in the place itself." Dit kan nie net 'n bolangse belewenis, 'n beskrywing, wees nie. Ons moet tussen die weefsels van ons plek ingaan. 'n Rusbank-benadering gaan nie die ding doen nie. Die belewenis en ontdekking moet op grondvlak gedoen word: Waar slaan die biesiegras uit na die baie reën? Die Swartsperwers was vanjaar stil. Hoekom? Het enigiemand 'n idee hoeveel grasspesies daar is? Hoekom borrel die fonteine juis ...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.