Vir Die Nuwe Jaar (Vir die oorspronklike foto - dankie aan ons vriend Ben) Terugskouend was dit, te midde van baie ander dinge, Rilke se jaar. Hier by Die Restory het ons oor hom gepraat, hy het dikwels opgeduik in ons nadenke oor iets en hy is by ‘n paar geleenthede ingetrek om diens te doen in die Opening- en Afsluitingsgebede van ons meditasies. Hy praat ons taal. En hopelik, met verloop van tyd, het hy ons stem beïnvloed. Teen daardie agtergrond, en met die bymekaarmaak van stukkies Rilke hier en daar, ons boodskap vir julle hier van Die Restory: Op Die Drumpel Van ‘n Nuwe Jaar (Met dank aan Rainer Maria Rilke) Met die wisseling van die jaar, word ons genooi om nie vorentoe te jaag nie, maar om die vrae ’n bietjie langer te leef. Om te vertrou dat dit wat nog nie klaar is nie, dit wat onduidelik of moeg voel, steeds stilweg binne-in ons aan die werk is. Die nuwe jaar vra nie vir antwoorde nie, slegs vir teenwoordigheid. Vir ’n bereidheid om naby dit wat werklik is te bly - na...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.