Skip to main content

Posts

Showing posts with the label aarde

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (231)

  Meer As Onsself Die Gesprek Wendell Berry is die afgelope paar weke voorop in ons gedagtes. Vandag neem ons een van sy opmerkings of waarnemings wat in verlede week se blog opgeduik het bietjie verder. Ons leef maklik in die eng ruimte van ons eie gedagtes, behoeftes en planne, asof ons die middelpunt van die werklikheid is. Maar werklike lewe - en veral ware groei - begin wanneer ons besef dat ons nie alleen is nie; dat ons nie op ons eie leer hoe om beter, wyser en meer volledig mens te word nie. Om lief te hê is selde ’n romantiese afsondering. Dit is eerder die uitmergelende, pragtige ontwaking dat iets en iemand anders as jouself werklik is. Ons word nie in ’n vakuum gevorm nie. Die mense met wie ons leef - met al hul onvolmaakthede en die onverwagte laste wat hulle op ons lê - word dikwels ons beste geestelike gidse. Deur hulle word ons stadig losgemaak van ons selfbeheptheid. Hierdie verbondenheid strek verder as ons medemens. Dit omvat ook die aarde wat ons dra: daardie o...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (156)

  Wat Die Mistici Weet 5) Hemel op aarde “Want deur Hom leef ons, beweeg ons en bestaan ons.....” ‭‭Handelinge‬ ‭17‬:‭28‬ ‭AFR20‬‬                          Jakob het wakker geskrik en gesê:  “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie.  ......dit is die poort van die hemel.” ‭‭Gen 28:16-17‬ ‭AFR83‬‬                                  “.....want kyk, die koninkryk van God is binne-in julle.” ‭‭Lukas‬ ‭17‬:‭21‬ ‭AFR20‬‬                                   Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek "....die ganse dag is ene God." Jan Swanepoel "...hy weet nie van afsondering nie sit nie skilderagtig geraam in die hemel nie hy is oral..."                              ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (18)

  Wyer As 'n Hoes Die Gesprek Elemente Uit die Gesprek Video Liefde George en Matilda

Die ganse dag is ene God

Our Town: 1943 skildery deur L.S. Lowry “Today as I stood whipping up a new batch of cream, sunlight brightening  the kitchen, the fragrance of lavender heavy in the air, the moment felt infused by God. Every minute detail of colour, fragrance, variety, use and beauty  matters. Everything matters. Everything speaks of care. Of love. Of God.” Dit was daardie laaste paragraaf in Matilda se stuk Whipping up some love wat my weer die digbundel uit die boekrak laat trek het. My vingers ken teen dié tyd die paadjie al goed na Jan Swanepoel se Die ganse dag is ene God , een van my gunsteling gedigte. soos destyds is U ook vandag nie in die donker onweer nie, nie in die weerlig wat die hemel helblink skeur as teken van u krag; al luister ek hoe fyn vandag: selfs in die ligte ruising van die wind is U ten ene male nie, maar oral in my oë en ore: die ganse dag is ene God: ‘n swaeltjie swenk en vou die hemel blou-blou om sy rug ‘n geelvink sk...