Skip to main content

Posts

Showing posts with the label duimgooi

By myself verby

Pinterest Image                                     My religion is simple. My religion is kindness.                                                          -  Dalai Lama Net buite Ermelo gaan ek by ‘n paar rylopers verby. In die verbyflits teen 80km per uur skiet ‘n herkenning deur my, asof dit ek of Eylene kan wees wat daar staan. So ‘n tipe van ‘n kyk-weer-herken. Soos om in n spieël te kyk. Of in my kind se gesig. Ek sien baie in daardie verbyflitsoomblik. Ek sien dat dit 'n paartjie is, met die meisie wat skuins voor die man staan, hom eintlik toestaan. Heel moontlik omdat sy makliker vir hulle ‘n rygeleentheid sal kan kry as hy. Ek sien dat sy nog redelik jonk is. Dalk vroeë dertigs. En dat sy verweer is van baie son en swaar leef. Ek i...