Skip to main content

By myself verby

Pinterest Image
                                   My religion is simple. My religion is kindness.
                                                         -  Dalai Lama
Net buite Ermelo gaan ek by ‘n paar rylopers verby. In die verbyflits teen 80km per uur skiet ‘n herkenning deur my, asof dit ek of Eylene kan wees wat daar staan. So ‘n tipe van ‘n kyk-weer-herken. Soos om in n spieël te kyk. Of in my kind se gesig.

Ek sien baie in daardie verbyflitsoomblik. Ek sien dat dit 'n paartjie is, met die meisie wat skuins voor die man staan, hom eintlik toestaan. Heel moontlik omdat sy makliker vir hulle ‘n rygeleentheid sal kan kry as hy. Ek sien dat sy nog redelik jonk is. Dalk vroeë dertigs. En dat sy verweer is van baie son en swaar leef.

Ek is oppad huistoe na ‘n paar dae se kuier in Pretoria. Die kar is vol met die voorrade wat ek gewoonlik met so ‘n tog aanvul. Agt 10kg sakke pottebakkersklei, 10kg glasuurpoeier, groente en vrugte en kruideniers vir die komende naweek se retreat, grootmaat hawermout en sade en speserye, Dischem aankope van glutenvrye mengsels en voedselaanvullings, my tas.

Ek ry altyd met die dilemma. Om rylopers op te laai of nie op te laai nie. Wanneer die kar volgelaai is soos hierdie keer is dit makliker om verby te ry. En ek dink altyd aan die risikos. Dis nie altyd veilig nie en sou ons in n ongeluk betrokke wees kan ek gedagvaar word en so aan en so verder.

Maar soms, soos met hierdie meisiekind, voel ek dat ek moes. Dis asof ek by myself verbygery het.

Ek ry met groot vertwyfeling verder. Wat is hul verhaal? Waarheen sou hulle oppad wees? Ek gaan verby Luigi en Meisie se plaas met die Italiaanse vlagkleure op hul naambord. Hier is nog ‘n storie wat wag om die lig te sien. Luigi en Meisie. Hoe sou hulle bymekaar uitgekom het?

‘n Uur later is ek op die grondpad. Die laaste stukkie pad tot by die huis. Ek het vergeet van die rylopers en die Italianer en sy boerenooi. Ek geniet die berge en die omgewing wat in ‘n kwessie van ‘n paar jaar vir my huis geword het. Ek is bly om terug te wees.

Ek sien die jong Zuluvrou wat ‘n ent voor my aan die regterkant van die pad loop. Dis teen ‘n opdraande en sy leun onnatuurlik in teen die skuinste om haar balans te bly behou. Sy dra ‘n swaar inkopiesak in elke hand. Op haar kop balanseer sy ‘n 7 kg sak aartappels.

Weer hou ek nie stil nie. Ek kyk net half om na die spul goed op die agterste sitplek en dink dat dit ‘n geskuif sal afgee as ek haar met die pakaas moet oplaai. En ek wil by die huis kom. George en Sebastien wag met middagete en dis reeds byna 13:30.

Sy spook by my. Dis n goeie 3 km van die teerpad af waar sy sekerlik van ‘n taxi afgeklim het en na haar stat êrens dieper in langs die grondpad oppad was. Hoe ver moes sy nog loop? Wat sou dit regtig van my geverg het om haar te vat tot waar sy bly?

Weer is dit ek wat iets gemis het. Dalk nie ‘n storie nie. Die taalgaping verhoed veel meer as ‘n paar woorde en gebare om die nodige uit te vind. Maar ek het weer by myself verbygery. My medemenslike self, wat saam met haar geloop het en die afstand tot by die huis korter gebid het. Wat hande in die lug gegooi het toe ek verbyry en net aanhou ry.

Matilda

Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...

Whistle while you work

Drawing by Ron Leishman When last did you whistle while working? When last did you hear someone else whistle while working? Somehow it bothers me that whistling has become an almost absent element in our work. The sound of a person whistling a tune while busy somewhere in the house or out in the workshop conveys something of an underlying happiness, satisfaction and contentment. An enjoyment of the work itself. The tune need not be flawless. Applying more air than sound won’t lead to disqualification, as long as the intention is there. Whistling can even be replaced by singing in all that I’ve said up to now. The same principles apply. The absence of any of these two activities bothers me because it says something about us doing the work and the type of work that we do. Can it be that our type of labour in this 21 st century is not conducive to either whistling or singing? What type of work is that then – draining, stressful, pressured? Or are our conclusions ...