Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Dana Snyman

ietjies

Waarom skryf ek? Ek het ‘n gevoel dit het met my geaardheid en met my lewe te doen. Laasgenoemde het soveel vertakkings - my en M se verhouding, Pa, my spiritualiteit, boeke en skrywers, die plaas, die werkswinkel, flieks, houtwerk, die kerk, die fabrieke waarby ek kom, die werkers, my familie en vriende, die honde, die natuur, kuns, plekke, musiek, Biodanza, my rekenaar en die internet, humor, gereedskap, mense, my liefde vir die TWO se geskiedenis. Op enige gegewe tydstip is ek met een van hierdie vertakkings besig, met inspeling van die ander in ‘n mindere of meerdere mate, maar dit is tog net so dat die fokus telkens oorwegend op een van hulle is. Hoe is hierdie verskillende fasette met mekaar verbind? Is daar ‘n verband? Waar vind die sameloop plaas? Ek meen die sameloop is net op een plek - binne my. Ek is die naaf waarin my belangstelling-speke saamkom. En die een plek waar my belangstelling-familie mekaar sien en oor en weer gesels, is wanneer ek skryf. Dáár hak...