Skip to main content

Posts

Showing posts with the label George

From The Restory - Conversations On The Journey (127)

More About George If I want to tell more about myself, the very best might be to just start by saying "I love..." and then list things that I love. So: I love...... ....Tafelkop. The big world of which I am a part, silence and to walk. The Conversation ...time spent with my M. Where we talk for long stretches, and laugh, or are just quiet together for long periods of time. Elements From The Conversation ....our granddaughter, Ariana. Who loves books very much and keeps asking: "Oupa, tell me a silly story!" ....books. And dogs. And cats. And tea. ....a good conversation. Sculpting and woodwork. To write. ....poems. More so by the day. Basically impossible to pick a single one, but on my birthday, this one from Billy Collins. It talks about things one thinks about at 60. Design I pour a coating of salt on the table and make a circle in it with my finger. This is the cycle of life I say to no one. This is the wheel of fortune, the Arctic Circle. This is the ring of Ke...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (127)

  Meer Oor George As ek meer van myself wil vertel, is die heel beste dalk om net aan die begin "Ek lief..." te sê en dan net dinge te lys waarvoor ek lief is. So: Ek lief....... ....Tafelkop. Die groot wêreld waarvan ek deel is, stilte en om te loop. Die Gesprek ...tyd saam met my M. Waar ons groot stukke gesels, en lag, of net vir lang rukke stil is. Elemente Uit Die Gesprek ....ons kleindogter, Ariana. Wat baie lief is vir boeke en aanhoudend vra: "Oupa, vertel vir my 'n silly storie!" ....boeke. En honde. En katte. En tee. ....'n goeie gesprek. Beeldhouwerk en houtwerk. Om te skryf. ....gedigte. Al hoe meer. Basies onmoontlik om 'n enkele een te kies, maar op my verjaardag, hierdie een van Billy Collins. Dit praat oor goed waaraan 'n mens dink op 60. Design I pour a coating of salt on the table and make a circle in it with my finger. This is the cycle of life I say to no one. This is the wheel of fortune, the Arctic Circle. This is the ring of Ke...

Dat dit ek is

Fotograaf: Hanna Jacobs As deel van ons huwelikseremonie op die 6de Desember, het ons die volgende liefdesverklarings aan mekaar voorgelees: Matilda: My George Dat dit ek is wat op 'n dag verdwaal het - so het ek gedink- en voor 'n deur beland het wat net so effens oopgestaan het. Dat ek met die oopstoot daarvan myself bevind het in die kamers van jou siel. Daar waar kosbaarhede oor baie jare versamel is, bewaar is, waardeer is. Dat dit ek is wat kon blaai deur jou woorde; kon warmte vind onder die klank van jou stem; kon drink van jou wysheid. Dat dit ek is wat kon tuiskom in jou liefde. En vandag, waar ons hier staan met ons voete op die grond van hierdie nuwe, ou-ou plek wil ek dit alles vir jou wees: veiligheid, inspirasie, warmte, wysheid, liefde. As jou lewensmaat en anam cara wil ek nou saam met jou uitloop- ons siele wyd-oop na die lewe en die wêreld; wil ek saam met jou tot seën wees vir hierdie aarde. My George, ek het jo...