Skip to main content

Dat dit ek is

Fotograaf: Hanna Jacobs



As deel van ons huwelikseremonie op die 6de Desember, het ons die volgende liefdesverklarings aan mekaar voorgelees:

Matilda:

My George

Dat dit ek is
wat op 'n dag verdwaal het -
so het ek gedink-
en voor 'n deur beland het
wat net so effens oopgestaan het.
Dat ek met die oopstoot daarvan
myself bevind het in die kamers van jou siel.

Daar waar kosbaarhede oor baie jare
versamel is, bewaar is, waardeer is.

Dat dit ek is
wat kon blaai deur jou woorde;
kon warmte vind onder die klank van jou stem;
kon drink van jou wysheid.

Dat dit ek is wat kon tuiskom in jou liefde.

En vandag,
waar ons hier staan
met ons voete op die grond
van hierdie nuwe, ou-ou plek
wil ek dit alles vir jou wees:
veiligheid,
inspirasie,
warmte,
wysheid,
liefde.

As jou lewensmaat en anam cara wil ek nou saam met jou uitloop-
ons siele wyd-oop na die lewe en die wêreld;
wil ek saam met jou tot seën wees vir hierdie aarde.

My George,
ek het jou lief.
Dit sal altyd so wees.
En die wonder sal bly:
Dat dit ek is.


George:

My M, 

Soms, vroegoggend,
klink die treurige veraf roep
van die Swart Koekoek*
daar van die rivier se kant af op.
Hoor jy op ‘n dag die wyfie raas
kan jy verstaan
waarom hy
aanhoudend sê
dat hy so sad is.

Wanneer ek by jou is
voel ek nie
om soos die Swart Koekoek te roep nie.

My liefde vir jou
is ‘n Swartkop Wielewaal*-liefde.
Met note
wat soos helder druppels
in ‘n skoon poel val
wil ek verkondig
dat doodgewone werfdae
besondere geleenthede
en ronde stiltes
in sagte goudgeel vere toegedraai is.

Daar waar ek op my tak sit
en my note laat rol
sal ek nie omgee
as iemand nader staan
om die plek van die klank te sien nie.
Ek sal vrypostig sing
asof dit die natuurlikste ding
in die wêreld is.
En dit is.

Want in die nes waar ek bly
is jy.


* Roep van: - Swart Koekoek
                    - Swartkop Wielewaal






Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...

Whistle while you work

Drawing by Ron Leishman When last did you whistle while working? When last did you hear someone else whistle while working? Somehow it bothers me that whistling has become an almost absent element in our work. The sound of a person whistling a tune while busy somewhere in the house or out in the workshop conveys something of an underlying happiness, satisfaction and contentment. An enjoyment of the work itself. The tune need not be flawless. Applying more air than sound won’t lead to disqualification, as long as the intention is there. Whistling can even be replaced by singing in all that I’ve said up to now. The same principles apply. The absence of any of these two activities bothers me because it says something about us doing the work and the type of work that we do. Can it be that our type of labour in this 21 st century is not conducive to either whistling or singing? What type of work is that then – draining, stressful, pressured? Or are our conclusions ...