Skip to main content

Posts

Showing posts with the label glinsteringe

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (192)

Glinsteringe Uit 'n Ander Hoek “Soos julle wil hê die mense aan julle moet doen, doen ook so aan hulle.” ‭‭Lukas‬ ‭6‬:‭31‬ ‭AFR20‬‬                          ~ ❖ ~ 'n Man wat deur die woud geloop het, het 'n jakkals gesien wat sy bene verloor het, en hy het gewonder hoe dit kon oorleef. Toe sien hy 'n tier wat met 'n bok in sy bek aangestap kom. Die tier het homself versadig geëet en die res van die vleis vir die jakkals gelos. Die volgende dag is die jakkals deur dieselfde tier gevoer.  Die man het begin wonder oor God se grootheid en het vir homself gesê: "Ek sal ook net in 'n hoekie rus met volle vertroue in die Here en Hy sal aan my voorsien alles wat ek nodig het." Dit het hy vir etlike dae gedoen, maar niks het gebeur nie, en hy was op die drumpel van die dood toe hy 'n stem hoor sê: "O jy wat op die pad van dwaling is, maak jou oë oop vir die waarheid! Hou op om die gestremde jakkals na te boots en volg die voor...