Skip to main content

Posts

Showing posts with the label ondersteuning

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (232)

  Las of Geseënd? Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Musiek Die aanhaling van Alasdair MacIntyre sê: “Acknowledgment of dependence is the key to independence.” Hierdie is vir ons ’n belangrike gedagte. Ons dink maklik dat ons eers werklik vry of suksesvol is wanneer ons niemand nodig het nie. Asof ons alles self moet kan hanteer en in al ons eie behoeftes moet kan voorsien. Maar miskien gebeur iets anders wanneer ons ons afhanklikheid begin erken. Miskien ontdek ons dan ’n dieper soort vryheid — die vryheid om te ontvang, om ander te vertrou en om nie alles alleen te probeer dra nie. Die volgende liedjie, “Nothing but Everything” van Jon & Roy, sê iets van daardie beweging. Dit gaan oor oorgawe, om jou aan liefde en verbondenheid toe te vertrou. En dit gaan ook oor die ontdekking dat jy nie noodwendig minder oorhou wanneer jy ophou om alles self te probeer beheer nie. Dalk ontdek jy dan juis wat werklik belangrik is. Luister gerus daarna as ’n soort meditasie oor afhanklikhe...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (83)

  5 Maande Verder Geleidelik leer ons oë die kontoere van ons plek ken. Dit is ons besigheid, hier by Die Restory: om vure te bou. Op ons eie kan ons egter nie genoeg hout bymekaar maak nie. Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Musiek Deur twee dinge  is my lewe vir my leefbaar gemaak: die liefde wat ek gegee het en die liefde wat ek ontvang het. C.J Langenhoven                                Met ons liefde. En met dankbaarheid vir die liefde wat ons ontvang. George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (14)

  Ondersteuning Vir Die Restory “Accepting someone’s help is as good as giving someone help.”                                                                                             Matthew 10:41 (The Message)   Die werk van Die Restory word gedoen vir mense, maar ook deur mense. Ons voorsien dat dit in die toekoms nog meer die geval gaan wees. Indien ons ‘n bydrae wil lewer om die menslike bewussyn te verander sodat ons anders na die wêreld en onsself kyk en die lewe anders benader, is die talente, gawes en ondersteuning van mense baie nodig. Die Restory word nie onderhou, of spruit nie voort uit enige groot instansie, kerk of organisasie nie. Behalwe vir ‘n bloot historiese verloop het ons ook doelbewus daarvoor gekies, omdat ons so toeganklik e...