Skip to main content

Posts

Showing posts with the label sneeu

Werfnuus - Tafelkop Sonder Krag

  Liewe vriende en ondersteuners, Soos baie van julle dalk gehoor het was ons die afgelope week hier op Tafelkop van Maandag tot Vrydag vir vyf dae heeltemal sonder krag ná die sneeustorm. Vir ons is die reën- en sneeustorms elke keer ’n groot uitdaging. Ons lê aan die heel stertkant van ’n lang, yl bevolkte Eskom-toevoerlyn, en dit beteken ongelukkig dat ons dikwels heel agter in die ry is wanneer herstelwerk gedoen word. Hierdie keer het dit ons weer baie bewus gemaak van hoe kwesbaar ons is. Ons het byvoorbeeld iemand hier op privaat-retreat gehad, en hy moes die hele week saam met ons sonder elektrisiteit klaarkom. Teen dag 3 moes die goed in die vrieskas oorgevat word na ‘n vrieskas op ‘n buurplaas wat sonkrag het. Dit het ons laat besef dat ons nie net kan hoop dat daar hierdie komende somer min onderbrekings gaan wees, of dat die volgende een korter gaan wees nie. Daar is ook ’n ander kant aan ons kragprobleem. Ons Eskom-rekening begin elke maand by ongeveer R3 400 (vaste l...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (131)

  Wanneer Jy Weet En Tog Doen  Die Gesprek  Elemente Uit Die Gesprek  Reste van die beelde onder in die oond. Sneeu buite, pottebakkerswerkswinkel en Glühwein binne. Ten spyte van die teleurstellings en terugslae, keer ons terug en skep ons weer. Om te skep is om die lewe te leef. Weer, altyd, met liefde. George & Matilda 

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (68)

  Met Nuwe Oë Molly luister na ons opname waar ons vertel wat met haar gebeur het. Die opening waardeur sy geval het. Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek  Tafelkop onder sneeu. Musiek Klik op die YouTube-skakel in die blok hierbo  om na die video te kyk. Met liefde en ons wense vir 'n ruim lewe. George & Matilda