Skip to main content

Posts

Showing posts with the label humor

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (146)

Ons Wyse Gids - Ons Lyf Hallo julle Steeds nie 'n opname nie. Wat half onverwags is, want ons sou mos hierdie week beter wees van die verkoue/griep wat ons verlede week gehad het. Toe nie. Matilda is aan die gesond word, maar haar kragte is maar steeds laag. George moet hom selfs stiller as verlede week gedra, nadat die dokter vasgestel het dat hy brongitis het. Daar is by ons geen twyfel dat sulke tye van minder bedrywig wees en rus noodsaaklik is nie. Ons lywe is wyse gidse wat ons by plekke uitbring wat buite die sfeer van ons koppe lê. Dit help nie om teen daardie liggamlike boodskappe te stry nie. Dis egter opvallend hoe moeilik dit dikwels vir ons is om af te skaal en stiller te word. Hoe ons onvermoë om besig te wees, dinge af te handel en op 'n produktiewe dag terug te kyk, op ons identiteit en gemoed inspeel. Hoe maklik ons skuldig voel. Wat ons as maatstawwe gebruik om ons bestaan te regverdig. So 'n tyd van siek wees bring jou telkens terug na die sin en waarde v...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (86)

  Humor Is Deel Daarvan Die Gesprek Molly kan telkens op die agtergrond gesien word. Soms lyk dit behoorlik asof  sy by die een wat aan die woord is se een oor instap en by die ander kant uitstap! Maar dis lekker om haar so rustig te sien verken. Sy was so byna-byna in geen video na Tafelkop nie. Elemente Uit Die Gesprek 'n Voorbeeld van Joodse humor. En Suid-Afrikaanse humor. Musiek Dis verstommend hoeveel van jou afhang! Soos altyd, met ons liefde. George & Matilda

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (57)

  Kontemplatief Besig Die Gesprek REGSTELLING In die video raak George deurmekaar met die maande! Ons staan aan die einde van April en gaan teen die einde Mei  klaar oorgeskuif wees. Elemente Uit Die Gesprek Met ons besoek aan Gauteng die afgelope week het ons soveel navrae oor Die Restory se verhuising gekry en versoeke dat ons inligting daaroor moet deurgee, dat ons besluit het om dit vir die afsienbare toekoms as item in ons blog te plaas.  Ons plaas ook van die foto's op Facebook en Instagram, maar dis handig om dit hier in die blog te hê omdat dit maklik is om jou hand daarop te lê in jare vorentoe. Teen die einde van Mei wil ons alles oorgeskuif hê na Tafelkop. Om te sê dat ons dan gevestig sal wees is totaal onrealisties teen die agtergrond van tyd, kragte en fondse en die mate waartoe dit beskikbaar is. Hierdie week is die hooffokus die ontruiming van Sebastien se rondawel en die vervoer van sy meubels en ander besittings na sy nuwe huis. Die Mazda gelaai vir die ...