Ons Wyse Gids - Ons Lyf
Hallo julle
Steeds nie 'n opname nie. Wat half onverwags is, want ons sou mos hierdie week beter wees van die verkoue/griep wat ons verlede week gehad het.
Toe nie. Matilda is aan die gesond word, maar haar kragte is maar steeds laag. George moet hom selfs stiller as verlede week gedra, nadat die dokter vasgestel het dat hy brongitis het.
Daar is by ons geen twyfel dat sulke tye van minder bedrywig wees en rus noodsaaklik is nie. Ons lywe is wyse gidse wat ons by plekke uitbring wat buite die sfeer van ons koppe lê. Dit help nie om teen daardie liggamlike boodskappe te stry nie.
Dis egter opvallend hoe moeilik dit dikwels vir ons is om af te skaal en stiller te word. Hoe ons onvermoë om besig te wees, dinge af te handel en op 'n produktiewe dag terug te kyk, op ons identiteit en gemoed inspeel. Hoe maklik ons skuldig voel. Wat ons as maatstawwe gebruik om ons bestaan te regverdig.
So 'n tyd van siek wees bring jou telkens terug na die sin en waarde van die spirituele waarhede wat mettertyd vir jou duideliker geword het. Om maar net aanhoudend daarheen terug te keer. Die waarde daarvan te besef en op 'n sellulêre vlak te leef en nie vas te val in ou onsekerhede en angste nie.
Saam met die afstof van die spirituele insig en die medisyne, help humor ook.
Ons is aan die beter word. Dankie, almal!
Met ons liefde.
George & Matilda
Comments
Post a Comment