Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Kreatiwiteits-retreat

Kreatiwiteits-retreat

Sê nou jy is baie meer talentvol as wat jy tot nou toe gedink het? Sê nou die lewe wag om wonderlike dinge vir jou te wys? Sê nou iets wag om tot stand te kom, geskep te word, maar dit kan net deur jou gebeur? Sê nou net jy dink te klein in terme van bronne, geleenthede en wat alles moontlik is? Sê nou… Is jy die trotse eienaar van ‘n polsslag? Dan is jy kreatief. En dit het met baie meer te doen as verf op doek, klei op wiel of houtskaafsels om jou voete. Te veel mense sukkel met die woord  kreatiwiteit . Jy kan byna verseker weet dat hulle by die hoor daarvan beelde oproep van skilders in verfbesmeerde jasse voor groot esels met ‘n beret skeef op die kop. Of nog erger, iemand wat verward met een oor deur die lewe gaan. Hulle besluit en sê dis nie vir hulle nie. Buitendien, die naaste wat hulle ooit aan teken sal kan kom is onderaan dokumente en kontrakte. Eenvoudig gestel – hulle is nie kreatief nie. Ons sien dit anders. KREATIWITEIT BETEKEN OM ‘N UNIEKE OOP KA...