Skip to main content

Kreatiwiteits-retreat

Sê nou jy is baie meer talentvol as wat jy tot nou toe gedink het? Sê nou die lewe wag om wonderlike dinge vir jou te wys? Sê nou iets wag om tot stand te kom, geskep te word, maar dit kan net deur jou gebeur? Sê nou net jy dink te klein in terme van bronne, geleenthede en wat alles moontlik is? Sê nou…

Is jy die trotse eienaar van ‘n polsslag? Dan is jy kreatief. En dit het met baie meer te doen as verf op doek, klei op wiel of houtskaafsels om jou voete.

Te veel mense sukkel met die woord kreatiwiteit. Jy kan byna verseker weet dat hulle by die hoor daarvan beelde oproep van skilders in verfbesmeerde jasse voor groot esels met ‘n beret skeef op die kop. Of nog erger, iemand wat verward met een oor deur die lewe gaan. Hulle besluit en sê dis nie vir hulle nie. Buitendien, die naaste wat hulle ooit aan teken sal kan kom is onderaan dokumente en kontrakte. Eenvoudig gestel – hulle is nie kreatief nie.

Ons sien dit anders.

KREATIWITEIT BETEKEN OM ‘N UNIEKE OOP KANAAL TE WEES VIR DIE VRYVLOEI VAN EINDELOSE MOONTLIKHEDE

Kyk net hoe oop is dit! Wat medium, geleentheid en mens aanbetref.

Op 'n Kreatiwiteits-retreat ontdek jy in die loop van 'n naweek op 'n speelse en sorgelose manier wat jou binnekind (jou siel, jou essensie) nodig het om lewendig te voel. Met basiese bewuswordingstegnieke leer jy hoe om die unieke kanaal te wees vir dit wat God vir jou droom. ('n Leidraad hier: dit wat jou laat vergeet van tyd en plek wanneer jy daarmee besig is; dit wat jy as kind geniet het om te doen; of daardie iets wat jy dink net te goed sal wees om waar te wees as jy dit heeldag kan doen... Begin solank droom!)

Deur dan die eenvoudige tegnieke deel van jou alledaagse lewe te maak, word alle fasette van jou lewe aangeraak. Jy het 'n belewenis van 'n groter betrokkenheid in jou eie lewe, 'n dieper konneksie met Iets of Iemand goed en groot wat aktief en sigbaar meewerk in jou lewe. Hierdie nuwe perspektief lei tot 'n gevoel van menswaardigheid, meer energie, groter kreatiwiteit en produktiwiteit. Jy voel lewendig.

Geen kuns ondervinding of agtergrond is nodig nie. Geen groot kuns gaan geskep word nie. Dit is 'n naweek van sorgelose ontdekking in 'n kleingroep konteks in 'n pragtige en stimulerende omgewing. 

Kreatiwiteits-retreats word begelei deur George en Matilda Angus en die  venue is of by The Restory op Barrowfield of net buite Witrivier by die merkwaardige huis van Ena Swart vir wie kuns en kreatiwiteit baie naby aan die hart lê.

Datums: Gaan na: Retreat Calender
Venue: Vind meer uit by Accommodation and Whereabouts
Koste: Gaan na Rates and Contact details
Lees meer oor George en Matilda by Meet us
Kontak ons  gerus om die volledige program vir die retreat aan te vra.









Comments

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (150)

Wat Die Mistici Weet   2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe,  almal wat vermoeid en swaar belas is,  en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle, en leer van My,  omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is,  en julle sal rus vind vir julle gemoed.  Want my juk is draaglik en my las is lig.” ‭‭Matteus‬ ‭11‬:‭28‬-‭30‬ ‭AFR20‬ ‬                               Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...