Vandag Praat Ons nie Die eienskap wat vir ons die sterkste uitstaan van Tafelkop, is die mis. In die 9 maande wat ons nou hier bly, was en is dit ‘n konstante – winter en somer, vroegoggend, laatmiddag, teen skemer wanneer ons gaan stap, dan kom die mis ingerol deur die keep waar die pad deur Kastrolnek gaan. Asof dit die heeltyd teen die agterkant van Tefelkop druk, die opening ontdek, deurbreek en oor dakke, werwe, lande spoel. Met die digte sluier oor alles getrek, weet ons daar is steeds groot bome in die laning. Ons hoor hulle drup. Verder is dit doodstil. Tussenin. Nie heeltemal reën nie en nie heeltemal lug nie. Nie totaal donker nie, maar ook nie regtig lig nie. Vroegoggend-opname op Tafelkop - Stil Saterdag Vandag is Stil Saterdag. Die mistige dag. Êrens tussen dood en lewe, waar iets verby is, maar die nuwe nog nie is nie. Waar die bekende bakens wat ons koördinate verskaf en ons veilig laat voel weg is. En vae buitelyne geen aanduiding van nuwe lewe is nie...
The Restory is a Retreat Centre nestled against Tafelkop, a singular mountain head near Wakkerstroom, South Africa. Here we live a simple life as contemplatives. It is a place of re-connection: with ourselves, people, Nature, Silence and Creativity. Our retreats are aimed at this. Our conversations, writing and art centre around the univocity of life. We need a place that reminds us that we are all one. The Restory hopes to be such a place and space.