Skip to main content

Posts

Showing posts from March, 2020

Coronavirus - Vanuit die Stilte 1

Die Dinge wat Saakmaak Fil 1:3-11 Klankgreep van Oordenking Here, Ek is nie bang nie. Nie op ‘n bewuste vlak nie. Nie as ‘n boodskap van my kop nie. Maar as ek doodstil raak en na my lyf luister, is daar hier oor my skouers en bors wel ‘n bang. Dis nie ‘n vrees vir doodgaan nie. Dis meer vir die groot onbekende wat tans om ons en nog voor ons lê. Ek weet die wêreld gaan verander. Dit gebeur op hierdie oomblik, in ons tyd. Totaal. Dit moet. Dis nodig.  Ek hoop selfs dat dit moet gebeur, want so kan dit nie aangaan nie. Ons het egter soveel slegte gewoontes waarmee ons die nuwe tegemoet loop. Dis wat my bang maak. Ons het gewoontes wat van ons ‘n indringer spesie maak. Noudat ons siek word, word die natuur en ons planeet gesond, slaak hulle ‘n sug van verligting.  Wat sê dit van ons en die manier waarop ons leef? Ek is nie bang vir die virus nie. Ek is bang vir ons. Ek is bang vir ons arrogansie en onwilligheid om aanpasings te maa