Skip to main content

Coronavirus - Vanuit die Stilte 1



Die Dinge wat Saakmaak


Here,

Ek is nie bang nie.

Nie op ‘n bewuste vlak nie. Nie as ‘n boodskap van my kop nie.

Maar as ek doodstil raak en na my lyf luister, is daar hier oor my skouers en bors wel ‘n bang.

Dis nie ‘n vrees vir doodgaan nie. Dis meer vir die groot onbekende wat tans om ons en nog voor ons lê.

Ek weet die wêreld gaan verander. Dit gebeur op hierdie oomblik, in ons tyd.
Totaal.
Dit moet. Dis nodig. 
Ek hoop selfs dat dit moet gebeur, want so kan dit nie aangaan nie.

Ons het egter soveel slegte gewoontes waarmee ons die nuwe tegemoet loop. Dis wat my bang maak. Ons het gewoontes wat van ons ‘n indringer spesie maak. Noudat ons siek word, word die natuur en ons planeet gesond, slaak hulle ‘n sug van verligting. 
Wat sê dit van ons en die manier waarop ons leef?

Ek is nie bang vir die virus nie.
Ek is bang vir ons.

Ek is bang vir ons arrogansie en onwilligheid om aanpasings te maak.
Ek is bang vir ons oordrewe fokus op ons eie gemak, ons selfgesentreerdheid.
Ek is bang dat ons nie uit hierdie ryk tyd gaan leer nie, maar dit net verduur en deursien sodat dinge na normaal kan terugkeer. 
Ek is bang vir ons normaal, Here. Ons normaal is goedkoop vlugte, klere wat deur onmenslike arbeidspraktyke gemaak word, selfone waarvan niks na die natuur kan teruggaan nie, berge vuilgoed wat by die dag hoër word, gevoed deur ons hoë lewensstandaard.

Waar is U in dit alles?
       Ek vra dit nie verwytend of beskuldigend nie.

Ek vra omdat ek instinktief weet dat U daar is, maar ek kyk U aanhoudend mis.
Ek soek U deur my filters.
My filters is geneig om U net in die goeie, my gesondheid, my voorspoed te sien.
Dit wil maar net nie registreer dat Jesus gesê het dat U by die geringstes gesoek moet word nie. Dat ons hulpeloosheid en hopeloosheid juis die poorte na U toe is nie.

Nou het hierdie virus in die Lydenstyd gekom. Ook as ons leermeester.

Wat wil U hê moet ons uit hierdie dinge en in hierdie tyd leer? Wat moet ons hoor?

Ek weet dat dit baie jare gaan vat om in daardie antwoord in te leef.

Maar deur net na die afgelope paar weke en na die gebeure regoor die wêreld te kyk het ons geleer dat ons nie almagtig is nie. Ons is baie kwesbaar.
Skielik, sommer net so, hou basies alles wat ons tot stand gebring het en waarop ons roem, op om te werk. 
Ons prestasies vervaag en ons kyk na die videos op YouTube en Facebook van bekendes - akteurs, sangers – as normale mense in sweetpakke en T-hemde met katte op hul skote en honde op die mat by hul voete. Ons mylpale krimp tot die basiese.

Deur Paulus vra U van ons om agter te kom, om uit te sif, die dinge wat regtig saakmaak. Die dinge wat in die tyd van ‘n groot plaag eintlik al is wat oorbly. Ons is besig om dit in hierdie dae al hoe meer te leer – die dinge waarop dit werklik aankom.

Ons besef die enigste manier hoe ons dit gaan doen is deur liefde. 
Ons kon verwag dat in die tyd van so ‘n groot omwenteling die liefde sou opduik. 
U bring ons altyd terug na die liefde toe, Here. 
Dit dryf en dra alles: ons ontdekking van dit wat regtig saakmaak, hoe ons dink, ons fyn aanvoeling in tye van groot onsekerheid.

Augustinus het gesê: “Gee wat U vra, en vra dan net wat U wil hê.”

Ons vra dit ook. Gee asseblief vir ons liefde, Here. 
Mag die dae van Covid-19, dae wees van toename in liefde. Vir U, mekaar, onsself, die aarde. 
Mag ons soos minnaars, mense wat liefhet, leef uit die vrug van die dae van inkeer en isolasie. Mag dit die vrug wees wat diep uit ons siel voortkom en wat Christus vir mense aantreklik, aanloklik maak.

Help ons Here, om ook die gawes van hierdie tyd te ontdek en deel van ons lewens te maak.

Amen




Comments

  1. Amen.
    Dankie George. Wat 'n geskenk was hierdie gebed vanoggend.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Whistle while you work

Drawing by Ron Leishman When last did you whistle while working? When last did you hear someone else whistle while working? Somehow it bothers me that whistling has become an almost absent element in our work. The sound of a person whistling a tune while busy somewhere in the house or out in the workshop conveys something of an underlying happiness, satisfaction and contentment. An enjoyment of the work itself. The tune need not be flawless. Applying more air than sound won’t lead to disqualification, as long as the intention is there. Whistling can even be replaced by singing in all that I’ve said up to now. The same principles apply. The absence of any of these two activities bothers me because it says something about us doing the work and the type of work that we do. Can it be that our type of labour in this 21 st century is not conducive to either whistling or singing? What type of work is that then – draining, stressful, pressured? Or are our conclusions ...

A likely Hero: Jara Cimrman

As Matilda has already indicated, one of the most difficult things to do after you’ve visited a country is to return and convey something of what you’ve experienced. How do you show a city’s many faces, introduce its inhabitants? How do you tell of the effects a history has on people and of a stance towards life that can actually not be translated into words? In the case of Prague, it is very helpful to have someone like Jara Cimrman. ~ ~ v ~ ~ Petrin Hill, on the left bank of the river Vltava running through Prague, is in many ways a site worth visiting. Climbing the 299 steps of the Petrin Tower, inspired by the Eiffel Tower, gives you one of the most beautiful views of the city. But by going down into its basement, you enter into the psyche of the Czech people. Here, quite unobtrusively, is the museum for the “ Genius, who has not become famous ”. Matilda and I almost stumbled onto it by chance and as we went through the exhibition, our amazement over this brilliant ...

You never can tell

This morning I was out in the vegetable garden looking for signs of sprouting cabbage and spinach that we had sown a week ago. Among the weeds, I did find the tiny seedlings pushing through bravely, but I had a surprise coming. The young Zulu gardener drew my attention to an abundance of ready food growing in the ruins of the tiny stone cottage only meters away: Umbido, a type of wild spinach, and a staple food in the rural areas. I grew up with much the same in the northern parts of the country, but called Marogo in the Sotho language.  Enter my new helper and friend, Winnie Nkosi. She lives on the edge of the Zaaihoekdam in a traditional mud house with no electricity. Twice a week she walks the four odd kilometres to help me with all things domestic. She has also taken it upon herself to teach me the Zulu language and culture with optimistic determination. The planned lunch menu was immediately ditched in favour of a lesson in local cooking and Winnie showed me the differenc...