Skip to main content

Coronavirus - Vanuit die Stilte 1



Die Dinge wat Saakmaak


Here,

Ek is nie bang nie.

Nie op ‘n bewuste vlak nie. Nie as ‘n boodskap van my kop nie.

Maar as ek doodstil raak en na my lyf luister, is daar hier oor my skouers en bors wel ‘n bang.

Dis nie ‘n vrees vir doodgaan nie. Dis meer vir die groot onbekende wat tans om ons en nog voor ons lê.

Ek weet die wêreld gaan verander. Dit gebeur op hierdie oomblik, in ons tyd.
Totaal.
Dit moet. Dis nodig. 
Ek hoop selfs dat dit moet gebeur, want so kan dit nie aangaan nie.

Ons het egter soveel slegte gewoontes waarmee ons die nuwe tegemoet loop. Dis wat my bang maak. Ons het gewoontes wat van ons ‘n indringer spesie maak. Noudat ons siek word, word die natuur en ons planeet gesond, slaak hulle ‘n sug van verligting. 
Wat sê dit van ons en die manier waarop ons leef?

Ek is nie bang vir die virus nie.
Ek is bang vir ons.

Ek is bang vir ons arrogansie en onwilligheid om aanpasings te maak.
Ek is bang vir ons oordrewe fokus op ons eie gemak, ons selfgesentreerdheid.
Ek is bang dat ons nie uit hierdie ryk tyd gaan leer nie, maar dit net verduur en deursien sodat dinge na normaal kan terugkeer. 
Ek is bang vir ons normaal, Here. Ons normaal is goedkoop vlugte, klere wat deur onmenslike arbeidspraktyke gemaak word, selfone waarvan niks na die natuur kan teruggaan nie, berge vuilgoed wat by die dag hoër word, gevoed deur ons hoë lewensstandaard.

Waar is U in dit alles?
       Ek vra dit nie verwytend of beskuldigend nie.

Ek vra omdat ek instinktief weet dat U daar is, maar ek kyk U aanhoudend mis.
Ek soek U deur my filters.
My filters is geneig om U net in die goeie, my gesondheid, my voorspoed te sien.
Dit wil maar net nie registreer dat Jesus gesê het dat U by die geringstes gesoek moet word nie. Dat ons hulpeloosheid en hopeloosheid juis die poorte na U toe is nie.

Nou het hierdie virus in die Lydenstyd gekom. Ook as ons leermeester.

Wat wil U hê moet ons uit hierdie dinge en in hierdie tyd leer? Wat moet ons hoor?

Ek weet dat dit baie jare gaan vat om in daardie antwoord in te leef.

Maar deur net na die afgelope paar weke en na die gebeure regoor die wêreld te kyk het ons geleer dat ons nie almagtig is nie. Ons is baie kwesbaar.
Skielik, sommer net so, hou basies alles wat ons tot stand gebring het en waarop ons roem, op om te werk. 
Ons prestasies vervaag en ons kyk na die videos op YouTube en Facebook van bekendes - akteurs, sangers – as normale mense in sweetpakke en T-hemde met katte op hul skote en honde op die mat by hul voete. Ons mylpale krimp tot die basiese.

Deur Paulus vra U van ons om agter te kom, om uit te sif, die dinge wat regtig saakmaak. Die dinge wat in die tyd van ‘n groot plaag eintlik al is wat oorbly. Ons is besig om dit in hierdie dae al hoe meer te leer – die dinge waarop dit werklik aankom.

Ons besef die enigste manier hoe ons dit gaan doen is deur liefde. 
Ons kon verwag dat in die tyd van so ‘n groot omwenteling die liefde sou opduik. 
U bring ons altyd terug na die liefde toe, Here. 
Dit dryf en dra alles: ons ontdekking van dit wat regtig saakmaak, hoe ons dink, ons fyn aanvoeling in tye van groot onsekerheid.

Augustinus het gesê: “Gee wat U vra, en vra dan net wat U wil hê.”

Ons vra dit ook. Gee asseblief vir ons liefde, Here. 
Mag die dae van Covid-19, dae wees van toename in liefde. Vir U, mekaar, onsself, die aarde. 
Mag ons soos minnaars, mense wat liefhet, leef uit die vrug van die dae van inkeer en isolasie. Mag dit die vrug wees wat diep uit ons siel voortkom en wat Christus vir mense aantreklik, aanloklik maak.

Help ons Here, om ook die gawes van hierdie tyd te ontdek en deel van ons lewens te maak.

Amen




Comments

  1. Amen.
    Dankie George. Wat 'n geskenk was hierdie gebed vanoggend.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (154)

Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2025 20 - 23 Maart 2025 “God sprei die hemel uit oor die leë ruimte,  Hy laat die aarde hang waar niks is nie.  Hy versamel die water in die wolke, en hulle skeur nie onder die las nie.  Hy plaas die horison op die see,  'n grens tussen lig en donker.  Dit is maar die begin van sy dade,  ons hoor net die gefluister van sy woorde.  Maar die volle krag van sy dade, wie kan dit verstaan?” ‭‭Job ‭26‬:‭7‬-‭8‬, ‭10‬, ‭14‬ ‭AFR83‬‬                           Dit is weer daardie tyd van die jaar! Herfs is oral sigbaar en voelbaar en daar is die geur van kreatiwiteit en voorbereidings in die lug wanneer jy ons klein dorpie binnekom. Hierdie naweek bied ons ons jaarlikse Wakkerstroom Klassieke Musiekfees aan. Wonderlike, talentvolle musikante van oral, tegniese spanne en die mense wat hulle optredes sal bywoon, stroom na Wakkerstroom. Musiek is nie die enigste item ...

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (150)

Wat Die Mistici Weet   2) Ons Hoef Nie Perfek Te wees Nie “Kom na My toe,  almal wat vermoeid en swaar belas is,  en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle, en leer van My,  omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is,  en julle sal rus vind vir julle gemoed.  Want my juk is draaglik en my las is lig.” ‭‭Matteus‬ ‭11‬:‭28‬-‭30‬ ‭AFR20‬ ‬                               Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek ~ ❖ ~ Question of the Day: How does one incorporate imperfection? In a Navajo rug there is always one clear imperfection woven into the pattern. And interestingly enough, this is precisely where the Spirit moves in and out of the rug! The Semitic mind, the Eastern mind (which, by the way, Jesus would have been much closer to) understands perfection in precisely that way. The East is much more comfortable with paradox, mystery, and non-dual thinking than the Western mind which ...

Lessons in Sunbirdish (1)

I have no way of proving that God exists. For a long, long time I believed because I didn't think I had a choice. If it is a choice between heaven and hell, you do what it takes to secure your celestial seat. Somehow I never stopped to consider why I so strongly believed in a heaven and hell, but wasn't nearly as sure that there's a God holding the keys to them. Then the sunbirds came. Slowly but surely I am being taught the dialect I need to converse with God. Or rather, to follow on what seems to be a trail that God leaves me. Being just up ahead and beckoning me all the while, it's not a chase after or a search for God, but rather a joint venture with God scouting and reporting back when my spirit runs low on this journey through life. In  A Rare Find  and  Bird on my window sill  I touched on synchronicity. I have come to believe that consciously living our moments, awakens us to the fact that there are more things in this life than meet the eyeball. Things t...