Skip to main content

Posts

Showing posts with the label hout

Vanuit Die Restory - Gesprekke Tussen Reisgenote (173)

  Oudstes "Die ware oudste is soos 'n boom: hoe ouer dit word, hoe meer skaduwee bied dit." Sufi gesegde                    Die Gesprek Elemente Uit Die Gesprek Met hierdie opname het ons aan die volgende sake aandag gegee wat mens kan help om wys oud te word: 'n Gereelde geloofspraktyk Die geleidelike agterlaat van die "eerste helfte van lewe" se prioriteite Die vormende invloed van swaarkry, mislukking, en die onvermoë om al die lewensvrae te beantwoord Om die greep op absolute beheer te laat gaan Musiek "Wiegala" is 'n slaapliedjie gekomponeer deur die Joodse digter en komponis Ilse Weber. Sy het dit geskryf terwyl sy tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n gevangene in die Theresienstadt-konsentrasiekamp was. By die kamp het sy as verpleegster gewerk en haar musiek gebruik om die kinders onder haar sorg te troos. Toe die kinders wat sy versorg het, na die Auschwitz-uitwissingskamp gestuur is, het sy gekies om saam met hulle te gaan. D...

Iep of olm

Foto deur Matilda Angus ‘n Bakkie wat ek onlangs uit American Elm gedraai het. Ek leer aanhoudend nuwe name terwyl ek met hout werk. Die Engelse name van hout en bome is oor die algemeen meer bekend. Telkens weet ek nie wat dit in Afrikaans is nie en moet dit gaan opsoek. Dis woorde wat vir my mooi op die tong lê. American Elm is Amerikaanse iep of olm. Hickory is Amerikaanse okkerneuthout, Maple – esdoring, Yew - taksusboom, Ash – essehout, Holly – huls, Birch - berkeboom, Larch – lorkeboom, Spruce – denneboom (kan jy glo!), Beech – beukehout en ook boekenhout. Daar is egter ook name van Suid-Afrikaanse houtsoorte wat net nie hul lê in Engels kan kry nie – ysterhout, olienhout, hardepeer, stinkhout, kiaat (wat nie dieselfde as teak is nie), blinkblaar wag-'n-bietjie. Om nie eens van Afrika-, Asiatiese en Australiese houtsoorte te praat nie – Karri, Tatajuba, Panga-Panga, Masuranduba, Merbau, Jarrah, Cocobolo. Buitestaanders sien die stukke vorm aanneem op die draaibank....